Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:2-16 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die mense op die eiland was baie vriendelik. Dit het gelyk of dit sal reën en dit was koud. Hulle het ’n vuur gemaak en hulle het ons na die vuur geneem.

3. Paulus het ’n klomp droë hout opgetel en hy het dit op die vuur gegooi. Maar daar was ’n slang in die hout. Omdat die vuur warm was, het die slang uitgekom. Die slang het vir Paulus aan sy hand gebyt.

4. Die mense wat op die eiland bly, het gesien die slang hang aan Paulus se hand. Hulle het vir mekaar gesê: “Hierdie man is ’n moordenaar, dit is seker. Die gode wil hom straf en doodmaak omdat hy verkeerd gedoen het. Die gode het gesien dat hy nie in die see verdrink het nie, nou sal die slang hom doodmaak!”

5. Maar Paulus het die slang afgeskud, en dit het in die vuur geval. En daar het niks sleg met Paulus gebeur nie.

6. Die mense het gedink dat Paulus sal opswel of dat hy sal val en sterf. Hulle het lank gewag en toe het hulle gesien dat daar niks met hom gebeur nie. Toe het hulle iets anders begin dink. Hulle het gesê dat Paulus ’n god is.

7. Naby daardie plek was die grond van die hoof van die eiland. Die hoof se naam was Publius. Hy was vriendelik en hy het vir ons plek gegee om te bly, drie dae lank.

8. Publius se pa was siek. Hy het koors gehad en sy maag was baie deurmekaar en het gewerk. Paulus het na hom toe gegaan en hy het vir hom gebid. Paulus het sy hande op hom gesit en hy het hom gesond gemaak.

9. Nadat dit gebeur het, het ander mense wat op die eiland gewoon het en wat siek was, ook na Paulus toe gekom, en hy het hulle gesond gemaak.

10. Hulle het vir ons baie goed gegee wat gewys het dat hulle ons respekteer. Hulle het ook vir ons alles gegee wat ons moes hê toe ons weer weggeseil het met ’n skip.

11. Drie maande het verbygegaan. Toe het ons met ’n ander skip weggeseil van die eiland Malta. Die skip het van die stad Aleksandrië gekom en dit het daar by die eiland gewag totdat die winter verby was. Die skip se naam was Dioskuri.

12. Ons het met die skip geseil tot by die stad Sirakuse. Ons het drie dae daar gebly.

13. Toe het ons weggeseil van Sirakuse en ons by die stad Regium gekom. Ná een dag het ’n suidewind begin waai, en die volgende dag het ons geseil tot by die stad Puteoli.

14. In Puteoli was daar ook gelowiges. Hulle het vir ons gevra om sewe dae by hulle te bly. En toe het ons na Rome gegaan.

15. Die gelowiges wat in Rome gewoon het, het gehoor dat ons kom. Hulle het ons kom groet. Party van hulle het ons kom groet by die Mark van Appius, en party van hulle het ons kom groet by die Drie Herberge. Toe Paulus die gelowiges sien wat van Rome kom, het hy gebid en vir God dankie gesê en hy het sterk gevoel.

16. Ons het in Rome gekom, en die Romeine het gesê dat Paulus nie in die tronk moet bly nie. Hulle het gesê dat Paulus in ’n huis mag gaan woon, saam met die soldaat wat hom moes oppas.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28