hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 21 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe kom die woord van die Here tot my:

2. “Mens, draai jou gesig na Jerusalem toe, laat jou woorde na die heiligdomme toe vloei, tree op as profeet teen die land Israel.

3. Sê vir die land Israel: So sê die Here: Ek is jou vyand, Ek gaan my swaard uit sy skede trek en dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou uitroei.

4. En omdat Ek dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou wil uitroei, daarom word my swaard getrek teen al wat leef, van die suide af tot in die noorde.

5. Al wat leef, sal weet dat Ek, die Here, my swaard getrek het, en dit sal nie teruggaan skede toe nie.

6. “En jy, mens, moet kreun. Jy moet voor hulle oë 'n ineenstorting kry en bitterlik kreun.

7. En as hulle vir jou vra hoekom jy kreun, moet jy sê: Oor die tyding wat kom; elke hart sal verstyf van angs, al die hande sal slap hang, almal sal moed verloor, water sal teen al die knieë afloop; dit kom, dit sal gebeur,” sê die Here my God.

8. Die woord van die Here het tot my gekom:

9. “Mens, tree as profeet op, sê: So sê die Here! Roep:“Swaard, swaard! Hy is skerpgemaak en blinkgevryf,

10. hy is skerpgemaak vir die slagting,hy is blinkgevryf om soos weerlig te blits!Of moet ons bly wees oor die koninklike septerwat geen boom ontsien nie, my seun?

11. 'n Mens laat die swaard blinkvryfen dit word in die hand vasgevat;dit is 'n skerpgemaakte swaard,dit is blinkgevryfom dit in die hand te sit van hom wat moet doodmaak.

12. Skree, mens, huil!Die swaard is teen my volk gerigen teen al die leiers van Israel.Hulle is saam met my volk uitgelewer aan die swaard.Slaan van ontsteltenis jou hande teen jou heupe!

13. “Die vuurproef is daar. En wat sal gebeur as die koninklike septer wat niks ontsien nie, nie meer daar is nie?” sê die Here my God.

14. “Maar jy, mens, tree op as profeet,slaan jou hande inmekaar.Laat die swaard twee keer, drie keer swaai.Dit is 'n swaard wat mense doodmaak,'n groot swaard wat doodmaak,hy deurboor mense.

15. Hy laat moed wegsmelt,hy vermenigvuldig die gesneuweldes.Ek laat die swaard 'n slagting aanrigin al hulle stede.Hy is gemaak om te blits,hy is vasgevat vir die slagting.

16. Wys hoe skerp jy is, kap regs en links,waar jou lem ook al heen gedraai word.

17. Dan sal Ek ook my hande inmekaar slaanen my toorn tot bedaring bring.Ek, die Here, het dit gesê.”

Die koning van Babel kom

18. Die woord van die Here het tot my gekom:

19. “Mens, jy moet vir die koning van Babel se swaard twee paaie maak om op aan te kom. Die twee paaie moet uit dieselfde land kom en jy moet 'n padwyser uitkap waar die pad na die stad toe begin. Jy moet dit uitkap

20. en die rigting aandui waarlangs die swaard kan kom na Rabba, die Ammonietestad toe, en na Juda, na die vestingstad Jerusalem toe.

21. Die koning van Babel staan by die kruispad waar die twee paaie begin, en hy soek na 'n teken, hy skud die pyle, hy raadpleeg sy afgodsbeeldjies, hy kyk na 'n dier se lewer.

22. Die teken wat hy gesoek het, kom in sy regterhand: Jerusalem! Die koning van Babel gaan stormramme regmaak, die bevel gee om aan te val, oorlogskrete skreeu, die stormramme teen die poorte opstel, 'n beleëringswal opgooi, beleëringswerke bou.

23. Die mense in Jerusalem sal dink dis 'n vals teken, want hulle het plegtige ede afgelê aan die koning van Babel. Maar hy sal hulle herinner aan hulle oortreding en hy sal hulle aanval.

24. “Daarom,” so sê die Here my God, “het julle self gewys hoe skuldig julle is toe julle opstandigheid aan die lig gekom het en julle sondes duidelik geword het aan alles wat julle doen, julle is aan die kaak gestel en julle sal aangeval word.

25. “En jy, regeerder van Israel wat deur jou goddeloosheid gaan sterwe, jy wie se dag gekom het, die tyd van afrekening,”

26. so sê die Here my God: “Haal af jou tulband en jou kroon, niks bly soos dit is nie; wat onder is, moet op, en wat bo is, moet af.

27. Puin, puin, puin maak Ek dit! Maar ook dit sal nie gebeur voordat hy kom wat die stad moet straf nie, en Ek sal die stad vir hom gee.”

Oor die Ammoniete

28. “En jy, mens, tree op as profeet en sê: So sê die Here my God oor die Ammoniete en oor hulle gespot. Sê:“Swaard, swaard wat getrek is vir die slagting,blinkgevryf is om te blits,

29. al was daar gesigte oor jou wat nie bestaan het nie,voortekens oor jou wat leuens was,jy kap reeds aan die nekkevan dié wat deur hulle goddeloosheid gaan sterwe,dié wie se dag gekom het, die tyd van afrekening.

30. Maar sit die swaard terug in sy skede!Op die plek waar jy geskep is,in die land van jou herkoms sal Ek jou straf.

31. Ek sal my woede oor jou laat losbreek,Ek blaas die vuur van my gramskap oor jou,Ek gee jou oor in die mag van wrede mensewat weet hoe om uit te roei.

32. Jy sal deur vuur verteer word,jou bloed sal vloei in die land,die gedagtenis aan jou sal verdwyn,want Ek, die Here, het gepraat.”