hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 19 Afrikaans 1983 (AFR83)

'n Treurlied oor die konings van Israel

1. “Jy moet hierdie treurlied sing oor die konings van Israel.

2. Jy moet sê:“Wat 'n leeuwyfie was jou ma nie tussen die leeus nie!Haar lêplek was tussen die jong leeus,daar het sy haar welpies grootgemaak.

3. Sy het een van haar welpies grootgemaaken hy het 'n jong leeu geword.Hy het geleer om sy prooi te vangen selfs 'n mensvreter geword.

4. Maar die nasies het van hom gehooren hom in 'n vanggat gevang.Hulle het hom met hakena Egipte toe gesleep.

5. “Toe die leeuwyfie sien sy kry nie haar sin nieen dit is klaar met die verwagting wat sy gehad het,vat sy nog een van haar welpiesen maak van hom ook 'n jong leeu.

6. Hy het tussen die leeus rondgestapen 'n jong leeu geword.Hy het geleer om sy prooi te vangen selfs 'n mensvreter geword.

7. Hy het hulle weduwees vir hom gevaten hulle stede verwoes.Die land en almal daarin was verskrikvir sy gebrul.

8. Die mense het die nasies in die lande rondomteen hom aangehits,en dié het hulle vangnet oor hom gegooien hom in 'n vanggat gevang.

9. Hulle het hom in 'n hok gesiten hom met hake na die koning van Babel toe gesleep.Hulle het hom daar gevange laat housodat hulle nie weer sy brul sou hoef te hoorop die berge van Israel nie.

10. “Jou ma was soos 'n wingerdstokwat langs die water geplant is.Van die baie waterhet hy druiwe en ranke gehad.

11. Hy het sterk lote gehad,geskik vir koninklike septers.Hy het hoog gegroei, tot by die wolke,en jy kon hom uitken aan sy hoogte en sy baie ranke.

12. Maar hy is in woede uitgeruken op die grond neergegooi.Die oostewind het hom uitgedoren sy vrugte is afgepluk.Sy sterk lote het verdroog en is verbrand.

13. Toe word die wingerdstok in die woestyn geplant,in 'n droë dorsland,

14. maar daar het vuur uit die lote gekomen sy ranke en vrugte verteer.Toe was daar nie meer sterk lote aan die wingerdstok,geskik vir koninklike septers nie.”Dit is 'n treurlied hierdie. Dit het 'n treurlied geword.