hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 2 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die stem het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.”

2. Terwyl Hy met my praat, kom die Gees in my en laat my regop staan. Ek het die stem met my hoor praat.

3. Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe, 'n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe.

4. Dit is moedswillige en hardkoppige mense na wie toe Ek jou stuur. Jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê,

5. of hulle luister of nie, want hulle is 'n weerbarstige volk, maar hulle sal agterkom dat daar 'n profeet tussen hulle is.

6. En jy, mens, moenie vir hulle bang wees nie, ook nie vir wat hulle sê nie, al stuit jy op weerstand, op dorings, al sit jy op skerpioene. Moenie bang wees vir wat hulle sê nie, moenie vir hulle skrik nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.

7. Jy moet vir hulle sê wat Ek sê, of hulle luister of nie, want hulle is weerbarstig.

8. En jy, mens, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie weerbarstig wees soos hierdie weerbarstige volk nie, maak oop jou mond en eet wat Ek jou gee.”

9. Toe sien ek daar is 'n hand na my toe uitgesteek, en in die hand was 'n boekrol.

10. Die hand het die boekrol voor my oopgerol. Dit was aan albei kante volgeskryf, en wat daarop geskryf was, was klaagliedere, treurliedere en smartroepe.