hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 17 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek maak groot bome klein en klein boompies groot

1. Die woord van die Here het tot my gekom:

2. “Mens, jy moet vir Israel 'n fabel, 'n gelykenis, vertel.

3. Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God:“Die groot arend met die groot vlerke,die lang vlerkpenne en die digte, bont verehet na die Libanon toe gekomen die top van die seder weggevat.

4. Hy het die boonste takkie afgepluk,dit na die land van die handelaars toe gebringen dit daar in die stad van die smouse gaan neersit.

5. Daarna het hy 'n steggie uit Israel gevaten dit in die grond gesitwaar daar baie water was en waar dit kon floreer.

6. Die steggie het gegroei en 'n wingerdstok gewordwat welig was maar laag op die grond moes blymet sy blare na die arend toe gedraaien sy wortels onder hom.Dit het 'n wingerdstok geword, ranke gemaaken lote uitgeskiet.

7. Daar kom toe nog 'n groot arendmet groot vlerke en baie vere,en die wingerdstok draai sy wortels na dié arend toeen stuur sy ranke in dié se rigtingsodat die arend vir hom nog meer water kan geeas wat daar was op die plek waar hy geplant was.

8. Hy was geplant in goeie grond, by baie water;hy kon ranke maak en druiwe dra,hy kon 'n pragtige wingerdstok geword het.

9. “Jy moet sê: So sê die Here my God:“Sal dit goed gaan met die wingerdstok?Gaan die eerste arend dan nie sy wortels uittreken sy vrugte vernietigsodat al sy druiwe verdroog wat aan die ryp word was nie?Daar is nie groot mag en baie mense nodigom hom met wortels en al uit te trek nie.

10. Hy is geplant, maar sal hy goed groei?Sal hy nie heeltemal verdorwanneer die oostewind hom tref nie?Hy sal verdroog op die plek waar hy gegroei het.”

11. Die woord van die Here het tot my gekom:

12. “Jy moet vir hierdie weerbarstige volk vra: Weet julle nie wat dit beteken nie?“Jy moet sê: Die koning van Babel het na Jerusalem toe gekom, die koning en die amptenare van die stad gevat en na hom toe in Babel gebring.

13. Daarna het hy iemand uit die koninklike geslag gevat, met hom 'n ooreenkoms gemaak en hom 'n eed van trou laat sweer. Die koning van Babel het die vooraanstaande mense uit die land weggevat

14. sodat die koninkryk swak sou wees en nie in opstand sou kom nie en sodat daar aan die ooreenkoms gehou sou word en dit sou bly bestaan.

15. Maar die nuwe koning van Jerusalem het in opstand gekom teen die koning van Babel en gesante na Egipte toe gestuur om perde en baie manskappe te vra. Maar sal hy slaag met sy onderneming? Sal hy vrykom as hy so iets doen? Sal hy vrykom as hy die ooreenkoms verbreek?

16. “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “hy sal binne-in Babel sterf, in die stad van die koning wat hom koning gemaak het. Hy het sy eed van getrouheid aan daardie koning geminag en die ooreenkoms met hom verbreek.

17. Die farao sal nie in die geveg help met 'n groot leërmag, met baie manskappe nie. Inteendeel, daar sal 'n beleëringswal teen Jerusalem opgegooi word en beleëringswerke gebou word met die doel om baie mense uit te roei.

18. Die koning het sy eed van getrouheid geminag en die ooreenkoms verbreek. Hy het 'n plegtige onderneming gemaak en toe tog al hierdie dinge gedoen: hy kan nie vrykom nie.”

19. So sê die Here my God: “So seker as Ek leef, Ek laat hom die gevolge dra daarvan dat hy die eed van getrouheid aan My geminag en die verbond met My verbreek het.

20. Ek gooi my vangnet oor hom, hy word gevang in my net, en Ek bring hom na Babel toe waar Ek hom sal laat boet vir sy ontrou aan My.

21. Al sy soldate wat saam met hom sal probeer vlug, sal met die swaard doodgemaak word, en dié wat oorbly, sal in alle windrigtings verstrooi word. Dan sal hulle besef dat dit Ek, die Here, is wat gepraat het.”

22. So sê die Here my God: “Ek vat die top van die hoë seder weg en plant hom, Ek pluk die sagte boonste takkie af en plant hom op 'n hoë berg.

23. Ek plant hom hoog op die bergland van Israel waar hy takke sal maak en saad sal skiet. Hy sal 'n pragtige seder word, en in hom sal al die voëls woon; al wat vlerke het, sal in die skaduwee van sy takke nes maak.

24. Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is. Ek maak groot bome klein en klein boompies groot, Ek laat groen bome verdroog en droë bome bot. Ek, die Here, het dit gesê en Ek sal dit doen.”