hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 12 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die vrou en die draak

1. Toe het daar 'n groot teken in die hemel verskyn: daar was 'n vrou met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op haar kop 'n kroon van twaalf sterre.

2. Sy was swanger en het geskree van die pyn, want die geboortepyne was daar.

3. Daar het ook 'n ander teken in die hemel verskyn: daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone.

4. Sy stert het 'n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om 'n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.

5. Sy het 'n kind in die wêreld gebring, 'n seun, bestem om al die nasies met 'n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe,

6. en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar 'n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.

7. Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer,

8. maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie,

9. want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.

10. Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het:“Nou het ons God die redding gebring,nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde!Die aanklaer van ons medegelowigesis uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.

11. Hulle het self die oorwinningoor hom behaal danksy die bloed van die Lamen die boodskap waarvan hulle getuig het;en hulle het nie hulle lewensso lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.

12. Daarom, hemel en diéwat daarin bly,verheug julle.Maar vir julle, land en see,wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woedeen met die wete dat hy min tyd het.”

13. Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld gebring het.

14. Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg.

15. Die slang het toe 'n stroom water soos 'n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom meegesleur kon word,

16. maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het oopgegaan en die stroom opgesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het.

17. Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het.

18. Die draak het toe op die seestrand gaan staan.