hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 11 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die twee getuies

1. Toe is daar vir my 'n meetstok gegee wat soos 'n septer lyk, en daar is vir my gesê: “Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die mense wat God daar aanbid.

2. Maar die voorhof, wat buitekant die tempel is, moet jy heeltemal uitlaat en dit nie meet nie, omdat dit aan die heidene oorgegee is, en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.

3. “Ek sal aan my twee getuies opdrag gee, en hulle sal, met rouklere aan, my boodskap twaalf honderd en sestig dae lank verkondig.”

4. Hulle is die twee olyfbome en ook die twee lampe wat voor die Here van die aarde staan.

5. As iemand hulle kwaad wil aandoen, kom daar vuur uit hulle monde uit en verteer hulle vyande. Só moet elkeen doodgemaak word wat hulle kwaad sal wil aandoen.

6. Hulle het die mag om die hemel toe te sluit, sodat daar gedurende die hele tyd wanneer hulle God se boodskap verkondig, geen reën sal val nie. Hulle het ook die mag om al die water in bloed te verander en om die aarde met allerhande plae te tref so dikwels as hulle dit nodig vind.

7. Wanneer hulle egter hulle getuienis klaar gelewer het, sal die dier wat uit die onderaardse diepte uit kom, teen hulle oorlog maak, hulle oorwin en hulle doodmaak.

8. Hulle lyke sal in die hoofstraat van die groot stad lê waar hulle Here ook gekruisig is. Die stad word sinnebeeldig Sodom en Egipte genoem.

9. Mense van al die volke, stamme, tale en nasies sal hulle lyke drie en 'n half dae lank daar sien lê en nie toelaat dat hulle begrawe word nie.

10. Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle dood en hulle daaroor verheug. Hulle sal vir mekaar geskenke stuur. Hierdie twee profete was immers vir die bewoners van die aarde tot 'n teistering.

11. Ná die drie en 'n half dae het daar egter asem en lewe van God af in hulle gekom. Hulle het opgestaan, en groot vrees het almal oorval wat hulle gesien het.

12. Hulle hoor toe 'n harde stem uit die hemel vir hulle sê: “Kom op hierheen!”Toe het hulle in 'n wolk na die hemel toe opgevaar, en hulle vyande het dit gesien.

13. Op daardie oomblik was daar 'n groot aardbewing, en 'n tiende van die stad het inmekaargestort. Sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geraak en aan die God van die hemel die eer gegee.

14. Die tweede “Wee!” is verby. Kyk, die derde kom gou.

Die sewende trompet

15. Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het:“Die koningskap oor die wêreldbehoort aan ons Here en sy Gesalfde,en Hy sal as koning heerstot in alle ewigheid.”

16. Die vier en twintig ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het toe gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid

17. en gesê:“Ons dank U, Here God, Almagtige,U wat is en wat was,dat U nou u groot mag gebruik en as koning heers.

18. Die nasies was woedend,maar nou het die tyd vir u oordeel gekom.Die eindtyd het aangebreek: die dooies word geoordeel;aan u dienaars, die profete,en aan die gelowiges,dié wat U vrees, klein en groot, word hulle loon gegee;en dié wat die aarde vernietig, word vernietig.”

19. Toe het God se tempel, wat in die hemel is, oopgegaan, en sy verbondsark wat in sy tempel is, het sigbaar geword. Daar het toe weerligstrale, dreunings, donderslae, 'n aardbewing en 'n groot haelstorm gekom.