hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 18 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die val van Babilon

1. Hierna het ek 'n ander engel uit die hemel uit sien afkom. Hy het groot gesag gehad, en die aarde is deur sy heerlikheid verlig.

2. Hy het met 'n sterk stem uitgeroep:“Geval, geval het die grote Babilon.Dit het die blyplekvan die bose geeste geword, die skuilplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roofvoëls en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere,

3. omdat al die nasiesvan die dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het.Die konings van die aardehet onsedelik met haar verkeer,en die sakemanne van die aarde het ryk geworduit haar grenselose weelde.”

4. Toe het ek 'n ander stem uit die hemel hoor sê:“Gaan uit haar uit, my volk,sodat julle nie aan haar sondes deel kryen die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.

5. Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop,en God het haar ongeregtighede onthou.

6. Behandel haarsoos sy julle behandel het, en vergeld haar dubbel soveel as wat sy julle aangedoen het.In die beker waarin sy vir julle ingeskink het,moet julle vir haartwee keer soveel inskink.

7. In die mate waarin sy gepronken in wellus gelewe het,in dié mate moet julle haar pyn en droefheid aandoen.Sy sê by haarself:‘Ek sit as koningin op my troon.Ek is nie weduwee nie, en treur sal ek nooit nie.’

8. Daarom sal al die plae haar op een dag tref:pes, droefheid en hongersnood.Sy sal met vuur verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.”

Die konings huil oor haar val

9. Die konings van die aarde wat onsedelik met haar gelewe en hulle daarin verlustig het, sal huil en te kere gaan oor haar wanneer hulle die rook sien soos sy verbrand word.

10. Hulle sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word, en sal sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslik!Die groot stad, Babilon, die sterk stad!In een oomblik het die oordeel oor jou gekom!”

Die sakemanne huil oor haar val

11. Die sakemanne van die aarde huil en kerm oor haar, omdat daar niemand meer is om hulle goed te koop nie:

12. goue goed en silwergoed, edelstene en pêrels, fyn pers klere en helderrooi syklere, allerhande skaars soorte hout, allerhande dinge van ivoor en allerhande dinge van duur hout, van koper, van yster en van marmer,

13. kaneel en speserye, wierook, reukolie en reukwater, wyn en olyfolie, koring en meel, beeste en skape, perde, waens en slawe en selfs die lewens van mense.

14. Daar sal gesê word:“Hierdie produktewat die lus van jou lewe was, is nou daarmee heen.Al die weelde en skitteringis nou vir jou verloreen sal nêrens en nooit meer gevind word nie.”

15. Die sakemanne wat met hierdie goed handel gedrywe en so van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word. Hulle sal huil en kerm

16. en sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslik!Die groot stad, uitgedos in fyn klere, pers en helderrooi,en opgetooi met goud, edelstene en pêrels!

17. In een oomblik is soveel rykdom verwoes!”Al die skeepskapteins en almal wat êrens heen vaar, die matrose en almal wat van die see lewe, het ver weg gestaan

Die seemanne huil oor haar val

18. en het geskreeu toe hulle die rook sien soos sy verbrand word. Hulle het gesê: “Watter stad kon met dié groot stad vergelyk word?”

19. Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskreeu. Hulle het gehuil en gekerm en gesê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslik!Die groot stad!Almal wat skepe op see het,het ryk geword van haar skatte. In een oomblik is sy verwoes!”

20. Verheug jou daaroor, hemel, en julle, gelowiges, apostels en profete!God het die oordeelwaarmee sy julle getref het, oor haar voltrek.

Die stad se val is permanent

21. Toe het 'n sterk engel 'n groot klip, so groot soos 'n meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê:“So, met geweld, sal Babilon,die groot stad,neergegooi word, en niemand sal hom ooit weer kry nie.

22. Die musiek van siterspelersen sangers,van fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie.Geen ambagsmanvan watter ambag ook al sal ooit weer in jou gekry word nie.Die gedreun van 'n meul sal nooit weer in jou gehoor word nie.

23. Die lig van 'n lamp sal nooit weer in jou skyn nie.Die stemme van bruiden bruidegom sal nooit weer in jou gehoor word nie.Jou sakemanne was die heersers van die aarde,en deur jou bedrogis al die nasies mislei.”

24. Babilon is skuldig aan die bloed van die profete en die gelowiges, almal wat op die aarde doodgemaak is.