hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die dag van oordeel is naby

1. Die Here, die Almagtige, sê: “Kyk, Ek stuur my boodskapperwat die pad voor My gereedmaak.Die Here na wie julle soek, sal skielik na sy tempel toe kom. Die boodskapper van die verbond na wie julle so uitsien, kom beslis.

2. Maar wie sal die dag van sy koms kan deurstaan? Wie sal kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy sal wees soos vuur wat metaal suiwer of soos seep wat klere spierwit was.

3. Hy sal gaan sit en oordeel soos iemand wat silwer smelt en suiwer maak. Hy sal die Leviete suiwer en hulle soos goud en silwer louter. Dan sal hulle weer vir die Here aanvaarbareoffers bring.

4. Dan sal die Hereweer offers aanvaarvan Juda en Jerusalem se mense,soos vroeër.”

5. Die Here, die Almagtige, sê: “Ek kom om julle te oordeel. Ek sal dadelik gereed wees om teen die towenaars, egbrekers en leuenaars te getuig. Ek sal getuig teen mense wat hulle werkers met lone bedrieg en weduwees en weeskinders onderdruk. Verder sal Ek ook getuig teen hulle wat vreemdelingetussen julle laat swaarkry en teen hulle wat My nie respekteer nie.”

Keer terug na die Here

6. “Ek is die Here, Ek verander nie. Daarom, nageslag van Israel, is julle nie heeltemal uitgewis nie.

7. Van die tyd van julle voorouers afhet julle afgewyk van my voorskrifte en hulle nie gehoorsaam nie.” Die Here, die Almagtige, sê:“Keer terug na My toe en Ek sal na julle toe terugkeer.Maar julle vra: ‘Hoe moet ons terugkeer?’

8. “Sal mense God ooit besteel? Tog het julle My bedrieg!Julle vra: ‘Wat bedoel U? Wanneer het ons U ooit bedrieg?’Julle het die tiendes en offerandes gesteel!

9. Daar rus ’n vloek op julle, want julle hele volk besteel My.”

10. Die Here, die Almagtige, sê: “Bring al die tiendes na die stoorkamers sodat daar genoeg kos in my tempel kan wees. Toets My hierin of Ek nie vir julledie vensters van die hemelsal oopmaak nie. Ek sal voorspoed op julle laat reën wat meer as genoeg vir julle sal wees!”

11. Die Here, die Almagtige, sê: “Ek sal sorg dat insekte julle oes nie verwoes nie en julle wingerde op die landerye nie misluk nie.

12. Dan sal al die nasies julle as geseënd beskouomdat julle land begeerlik is.” Dit is wat die Here, die Almagtige, sê.

13. Die Here sê: “Julle sê verskriklike dinge van My.Maar julle sê: ‘Wat het ons van U gesê?’

14. Julle het gesê: ‘Dis tevergeefs om God te dien. Wat het ons daarby gebaat om sy voorskrifte na te kom of om die Here, die Almagtige, te wys dat ons berou het oor ons sonde?

15. Kwaaddoeners word ryk, en mense wat God uitdaag, kom skotvry daarvan af. Daarom sal ons voortaan sê: Verwaande mense is gelukkig.’”

Belofte van genade

16. Die mense wat die Here dien, het toe met mekaar gepraat. Die Here het na hulle geluister en gehoor wat hulle sê. Hulle het ’n gedenkboek in sy teenwoordigheid geskryf. Dit het die name bevat van mensewat die Here met ontsag dien en graag aan Hom dink.

17. Die Here, die Almagtige, sê: “Die dag as Ek ingryp, sal hulle my kosbare besitting wees. Ek sal sagkens met hulle werk, soos ’n pa met sy kindwat lojaal aan hom is.

18. Dan sal julle weer die verskil sien tussen mense wat reg doen en goddelose mense, die verskil tussen mense wat God dien en dié wat Hom nie dien nie.”