hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Maleagi ’n boodskap gegee om aan Israel oor te dra.

Die Here se liefde vir Israel

2. Die Here sê: “Ek het julle lief.”Julle reaksie was: “Hoe het U ons liefgehad?”Hierop het die Here geantwoord: “Is Esau nie Jakob se broer nie? Tog het Ek Jakob liefgehad,

3. maar Esau verwerp. Ek het sy heuwelagtige grondgebied verlate gemaak en sy erfdeel verander in ’n woestyn, bestem vir jakkalse.”

4. Toe het Esau se afstammelinge, die mense van Edom hierop gereageer en gesê: “Ons is platgeslaan, maar ons sal die bouvalle weer opbou.” Die Here, die Almagtige, het so daarop geantwoord: “Hulle kan maar probeer om herstelwerk te doen. Ek sal dit net weer vernietig! Hulle land sal bekend staan as ‘Die Land van Boosheid’ en die volk as ‘Die volk vir wie die Here vir altyd kwaad sal wees’.

5. As julle die vernietiging met julle eie oë sien, sal julle sê: ‘Die grootheid van die Here strek baie verder as ons landsgrense!’”

Nuttelose offers

6. Vir die priesters sê die Here, die Almagtige:“’n Seun eer sy paen ’n slaaf sy meester.Ek is julle Vader en julle Meester, maar waar is die eer en respekwat My toekom? Julle het My geminag! Maar julle vra:‘Op watter wyse het ons U geminag?’

7. Julle bring vir My offers van voedsel wat besoedeld is.Dan vra julle: ‘Hoe het ons u offer onrein gemaak?’Julle het dit gedoen deur te sê die Here se altaarkan maar geminag word.”

8. Die Here, die Almagtige, sê:“Is dit nie verkeerd as julle blinde diere bring om te offer nie? Is dit nie ook verkeerd om lam en siek diere te offer nie? Bring ’n bietjie sulke geskenke vir julle goewerneur en kyk of hy daarmee tevrede sal wees en julle vriendelik sal ontvang!

9. Roep God aan en smeek Hom om julle genadig te wees! Maar as dit die soort offers is wat julle bring, hoekom sal Ekjulle goedgesind wees?”vra die Here, die Almagtige.

10. “Ek wens iemand van julle wil die tempeldeure toesluit sodat julle nie meer nuttelose offers kan bring nie! Ek is glad nie tevrede met julle nie. Ek stel nie in julle offers belang nie,” sê die Here, die Almagtige.

11. “Daar is nasies wat My eer van waar die son opkom tot waar dit weer ondergaan. Oral eer hulle My deur wierookoffers en rein offers te bring. Die nasies het groot ontsag vir my Naam,” sê die Here, die Almagtige.

12. “Julle bewys nie respek deur dit wat julle doen nie. Met die veragtelike offers wat julle bring, sê julle eintlik dat julle die altaar van die Here minag.

13. Julle sê: ‘Dit is moeilik om Hom te dien’ en dan trek julle ook nog julle neuse daarvoor op,” sê die Here, die Almagtige! “Julle bring gesteelde, lam en siek diere en bied dit as offers aan! Moet Ek nou tevrede wees met dit wat julle bring?” vra die Here.

14. “Daar rus ’n vloek op die bedrieërs wat beloof om ’n ram uit hulle kudde te gee, maar dan ’n verminkte dier aan die Here offer.” Die Here, die Almagtige, sê: “Is Ek nie ’n groot Koning nie? Selfs die nasies het groot ontsag vir My!”