hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Naderende oordeel

1. Die Here, die Almagtige, sê: “Die dag kom en dit brand soos ’n vuuroond. Op dié dag sal alle verwaande, alle goddelose mense soos kaf deur vuur verteer word. Niks sal oorbly nie, nie wortel of tak nie.

2. “Maar die Son van Geregtigheid, met genesing in sy vlerke,sal opkom vir julle wat eerbied en respek vir My het.Julle sal uitgaan en vrolik rondspring soos kalwers wat uit die kraal kom.”

3. Die Here, die Almagtige, sê: “Op dié dag sal julle die goddeloses vertrap asof hulle stof onder julle voete is.

4. “Moenie vergeet om die voorskriftevan my dienskneg Moses te gehoorsaam nie. Dit behels al die reëls en regulasies wat Ek hom op Sinai beveel het om vir die hele Israel te gee.

5. “Kyk, voordat die groot en angswekkende Dag van die Hereaanbreek, stuur Ek die profeet Elia na julle toe.

6. Hy sal ouers met hulle kinders versoenen kinders met hulle ouers. As dit nie gebeur nie, sal Ek die land tref met vernietiging.”