hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Waarskuwing aan die

priesters

1. “Luister, priesters, hierdie opdrag is vir julle!”

2. Die Here, die Almagtige, sê: “Luister na My, maak groot erns daarmee. Julle moet my Naam eer! As julle dit nie doen nie, sal Ek ’n vloek oor julle bring. Selfs julle voorspoed sal Ek verander in ’n vloek. Trouens, Ek het dit alreeds vervloek,want aan my waarskuwing steur julle julle nie.

3. Ook julle nageslag sal Ek straf. Ek gaan die mis van die offerdiereby julle feeste oor julle gesigte smeer. Julle sal op die mishoop beland.

4. Dan sal julle besef dat dit Ek is wat hierdie opdrag gestuur het sodat my verbond met die Leviete kan voortbestaan,” sê die Here, die Almagtige.

5. “Die doel van my verbond met die Leviete was om lewe en vredete bring. Dit is wat Ek vir die Leviete gegee het. Hulle moes My eer en respekteer en dis presies wat hulle gedoen het. Hulle het My met diep ontsag bejeën,

6. mense in my waarheid onderrig en nie leuens vertel nie. In vrede en opregtheid het hulle saam met My geloop. Hulle het ook baie mense gehelp om weg te draai van die sonde.

7. “Die priester moet waak oor die kennis wat hy meedeel. Hy moet die volk kan leer wat my wil is, want hy is die boodskapper van die Here, die Almagtige.

8. Maar dit was nie so met julle nie!” Die Here, die Almagtige, sê: “Julle het van my pad afgedwaal. Julle sogenaamde onderrig het baie mense laat struikel. Julle het skade aangerig aan my verbond met die Leviete.

9. “Julle het nie gelewe soosEk vereis nie en was partydigin julle toepassing van my voorskrifte.Daarom het Ek veroorsaak dat julle by die hele volk verag en verneder word.”

’n Oproep om getrouheid

10. Is ons nie kinders van dieselfde Vader nie? En is ons nie almal deur een God geskep nie?Hoekom bedrieg julle mekaar dan, verbreek julle die verbond wat God met ons voorouersgemaak het?

11. In Israel en Jerusalem het iets afstootliks gebeur: Juda was ontrou! Die Here het die tempel baie lief, maar die mans van Juda het dit ontheilig deur te trou met vroue wat vreemde gode aanbid.

12. Mag die Here alle mense wat so iets doen uit die gemeenskap van Israel verwyder,selfs al bring hulle gereeld offers aan die Here, die Almagtige.

13. Daar is nog iets wat julle doen. Julle stort trane by die Here se altaar. Julle huil en kerm, maar Hy aanvaar nie julle offers met goeie guns nie.

14. Julle roep uit: “Hoekom nie?” Dis omdat die Here ’n getuie was toe jy en jou vrou julle beloftes aan mekaar gemaak het. Maar jy was ontrou aan haar ten spyte daarvan dat sy getrou as jou metgesel gebly het,die vrou aan wie jy jou huweliksbeloftes gemaak het.

15. Het die Here dan nie man en vrou een gemaak nie,een in liggaam en gees? Hoekom het Hy hulle een gemaak? Omdat God wou hê daar moet kinders vir Hom voortspruit. Wees op julle hoede.Moenie ontrou wees aan die vrou van jou jeug nie.

16. Die Here, die God van Israel, sê: “Ek haat egskeiding! Om te skei is net so gewelddadig soos om ’n slagoffer se bebloede baadjie aan te trek.” Die Here, die Almagtige, sê: “Wees verantwoordelik en moenie ontrou wees nie!”

17. Julle het die Here moeg gemaakmet julle baie gepraaten dan vra julle:“Hoe het ons Hom moeg gemaak?” Julle het Hom vermoei deur te sê dat almal wat kwaad doen eintlik vir die Here aanvaarbaar is en dat Hy met hulle tevrede is. Julle het Hom vermoei deur te vra: “Waar is die God wat reg moet laat geskied?”