hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Oordeel oor die vyande van

Israel

1. Dit is die boodskap van die Here teen die land Gadrak en die stad Damaskus, want die oë van alle mense, ook die volk van Israel, is op die Here.

2. Oordeel is seker vir Hamat, naby Damaskus, en vir die stede van Tirus en Sidon ook al is hulle ook hoe slim.

3. Tirus het ’n sterk vesting gebou, soveel goud en silwer bymekaargemaak dat dit so algemeen sal wees soos stof in strate!

4. Maar nou sal die HereTirus se besittings wegstroopen sy vesting in die see gooi. Tirus sal aan die brand gesteek en tot op die grond afgebrand word.

5. Askelon sal dit sien en skrik.Gasa sal bewe van angs en so ook Ekron, want hulle hoop sal daarmee heen wees. Gasa sal sonder koning wees en Askelon sal verlate wees.

6. Vreemdelinge sal die stad Asdod inneem, en die trots van die Filistyne sal vernietig word,sê die Here.

7. Hulle sal nie langer vleis eet met bloed daarin nie, hulle sal ook nie ander verbode kos eet nie. Al die Filistyne wat oorleef, sal ons God aanbid en aanvaar word as ’n nuwe stam in Juda. Ekron sal word soosdie Jebusiete.

8. Ek sal my tempel bewaak en beskerm teen invallende leërs. Ek sal hulle bewegings dophou sodat geen buitelandse onderdrukkerooit weer my volk se land sal binneval nie.

Sion se koning kom

9. Wees baie bly, dogter van Sion! Juig hardop, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe. Hy is regverdig en ’n oorwinnaar, maar tog is hy nederig. Hy ry op ’n donkie, die vul van ’n donkie.

10. Die strydwaens van Efraimsal Ek vernietig, en ook die oorlogsperde in Jerusalem. Al die wapens vir oorlog sal Ek vernietig. Jou koning sal vir die nasies vrede bring. Sy ryk sal strek van see tot see, van die Eufraatrivier af tot aan die uithoeke van die aarde.

11. Wat jou betref,my verbond met jou is met bloed beseël.Ek sal jou gevangenes reduit ’n waterlose put.

12. Keer terug na die vesting toe, gevangenes vol hoop!Ek belowe dat Ek julle dubbel sal vergoedvir al julle swaarkry.

13. Juda is my boog en Israel is my pyl! Sion is my swaard en Ek is soos ’n soldaat, Ek sal dit teen Griekeland gebruik.

14. Bokant sy volk sal die Here verskyn,sy pyle sal vlieg soos weerlig. Die oppermagtige Heresal die trompet blaas.Hy sal teen sy vyande uittrek soos ’n stormwind uit die woestyn.

15. Die Here, die Almagtige,sal sy volk beskerm en hulle sal hulle vyande met slingervelle oorwin. Hulle sal oorlogskrete skree asof hulle dronk is van wyn terwyl die bloed van hulle vyande vloei. Hulle sal vol wees van bloed soos ’n bak by offers, soos die hoeke van die altaar.

16. Wanneer daardie dag kom, sal die Here hulle God sy volk red, net soos ’n skaapwagter sy skape red. Hulle sal in die land glinster soos juwele in ’n kroon.

17. Hoe wonderlik en mooi sal hulle nie wees nie! Jong mans en meisies sal floreer op die oorvloed van koring en jong wyn.