hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Here sal sy volk herstel

1. Vra die Herevir reën in die lente en Hy sal dit gee. Hy maak onweerswolke wat stortreën laat val sodat elke veld lowergroen word.

2. Wat die huisgode sê,is valse raad, waarsêers voorspel net leuens, die uitlêers van drome verkondig net leë troos. My volk dwaal soos verlore skape sonder ’n herder wat hulle beskerm en lei.

3. “My woede brand teen julle herders en Ek sal hierdie leiers straf.Die Here, die Almagtige,het aangekom om sy kudde te versorg. Hy gaan hulle sterk maak soos ’n trotse oorlogsperd.

4. Uit Juda sal die hoeksteen, die tentpen, die oorlogsboog en al die heersers kom.

5. Hulle sal in ’n geveg soos dapper soldate wees wat hulle vyande met hulle voetein die modder sal vertrap. Omdat die Here by hulle is in die geveg sal hulle die perderuiters van die vyand oorwin.

6. “Ek sal Juda sterk maak en Israel red. Ek sal hulle herstel omdat Ek hulle liefhet. Dit sal wees asof Ek hulle nooit verwerp het nie, want Ek is die Here hulle God wat hulle gebede verhoor.

7. Israel sal soos dapper helde wees, hulle harte sal gelukkig weesasof hulle wyn gedrink het. Hulle kinders sal alles sienen ook bly wees; hulle harte sal juig in die Here.

8. Wanneer Ek vir hulle fluit, sal hulle aangehardloop kom omdat Ek hulle verlos het. Uit die min wat oorgebly het, sal hulle bevolking groei soos wat dit vroeër was.

9. Hoewel Ek hulle verstrooi het soos saad tussen die nasies, sal hulle My bly onthou in veraf lande. Met hulle kinders sal hulle oorleef en weer terugkom huis toe, na Israel toe.

10. Ek sal hulle terugbring uit Egipte en uit Assirië en hulle hervestig in Gilead en Libanon. Daar sal nie genoeg plek vir almal wees nie!

11. Hulle sal veilig trek deur die see van nood omdat die golwe van die see teruggehou sal word. Die water van die Nylrivier sal droog word. Die trots van Assirië sal vernietig word en die heerskappy van Egipte sal tot ’n einde kom.

12. Ek sal my volk sterk maak in my krag en hulle sal in my Naam lewe, sê die Here.”