hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die vyfde visioen: ’n

lampstaander en twee olyfbome

1. Die engel wat met my gepraat het, het teruggekom na my toe. Hy het my wakker gemaak asof ek aan die slaap was.

2. Hy het vir my gevra: “Wat sien jy nou?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n lampstaander van soliede goud met ’n oliebak bo-op. Rondom die oliebak is daar sewe lampe, elkeen met sewe tuite en lamppitte.

3. “Ek sien twee olyfbome, een aan elke kant van die oliebak.”

4. Ek het toe vir die engel gevra: “Wat beteken dit, Meneer?”

5. “Weet jy nie?” het die engel gevra.“Nee, Meneer,” het ek geantwoord.

6. Hy het toe vir my gesê: “Dit is wat die Here vir Serubbabel sê: Nie met mag of krag nie, maar deur my Gees, sê die Here, die Almagtige.

7. “Wie is jy, grote berg? Voor Serubbabel word jy sommer ’n gelyk pad! Hy sal die laaste klip van die tempel lê en die mense sal uitroep: ‘Genade, genade oor hom!’”

8. Die woord van die Here het weer na my toe gekom:

9. “Serubbabel het die fondament van die tempel gelê, en hy sal dit klaarmaak. Dan sal julle weet dat die Here, die Almagtige, my gestuur het.

10. Wie minag die dag van oënskynlik klein dingetjies? Mense sal bly wees wanneer hulle die skietlood in Serubbabel se hand sien. Hierdie sewe lampe is die oë van die Here wat die hele aarde deursoek.”

11. Ek het toe vir die engel gevra: “Wat beteken daardie twee olyfbome weerskante van die kandelaar?

12. Wat beteken die twee olyftakke wat goue olie deur twee goue pype laat stroom?”

13. “Weet jy nie?” het hy gevra. “Nee, Meneer,” het ek geantwoord.

14. Toe sê hy vir my: “Hulle verteenwoordig die twee gesalfdes wat by die Here van die hele aarde staan.”