hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die agtste visioen: vier

strydwaens

1. Ek het weer opgekyk en vier strydwaens tussen twee koperberge sien uitkom.

2. Die eerste strydwa is deur rooibruin perde getrek, die tweede strydwa deur swart perde,

3. die derde een deur wit perde en die vierde een deur bont perde.

4. “Wat beteken dit, Meneer?” het ek vir die engel wat met my praat, gevra.

5. Hy het geantwoord: “Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan van waar hulle voor die Here van die aarde staan.

6. Die strydwa met die swart perde gaan noord; die strydwa met die wit perde gaan wes en die strydwa met die bont perde gaan suid.”

7. Die sterk perde was gretig om weg te trek en die aarde kruis en dwars te patrolleer. Eers toe Hy sê: “Gaan en deurkruis die aarde,” het hulle dit gedoen.

8. Die Here het my geroep en gesê: “Dié wat noord gaan, laat die woede van my Gees daar bedaar.”

Jesua word gekroon

9. Ek het nog ’n boodskap van die Here ontvang:

10. “Geldai, Tobija en Jedaja sal geskenke van silwer en goud van die Jode in Babilon bring. Wanneer hulle aankom, moet jy hulle by die huis van Josia, die seun van Sefanja, ontmoet.

11. Aanvaar hulle geskenke en maak ’n kroon van silwer en goud. Sit die kroon dan op die kop van Jesua, die seun van Josadak, die hoëpriester.

12. Vertel hom dat die Here, die Almagtige, sê: Hier is die man met die naam Loot. Hy sal uitspruit van waar hy is en die tempel van die Here bou.

13. Hy sal die Here se tempel bou en met eer beklee word. Van sy troon af sal hy as koning heers. Hy sal ook vanaf sy troon as priester dien en daar sal vrede en harmonie tussen hulle twee wees.

14. “Die kroon moet in die tempel bly as ’n gedagtenis aan die vrygewigheid van die mense wat dit gegee het, Geldai, Tobija en die seun van Sefanja.”

15. Mense sal van ver lande af kom om die tempel van die Here te herbou. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat my boodskappe van die Here, die Almagtige, af kom. Al hierdie dinge gebeur as julle nougeset gehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God.