hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Fontein van reiniging

1. “Op daardie dag sal daar ’n oop fontein vir die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem wees, ’n fontein om hulle skoon te maak van al hulle sonde en vuilheid.

2. “Daardie dag, sê die Here, die Almagtige, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei. Selfs die name van die afgode gaan nie meer onthou word nie. Ek gaan ook die vals profete en die onrein geeste wat hulle inspireer, verwyder.

3. As iemand weer begin profeteer, sal sy eie pa en ma vir hom sê: ‘Jy mag nie lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die Here geprofeteer.’ Dan sal sy eie pa en ma hom doodsteek.

4. “Op daardie dag sal niemand spog met sy gawe van profesie nie. Niemand sal profeteklere dra met die doel om ander te bedrieg nie.

5. Hy sal sê: ‘Ek is nie ’n profeet nie; ek is ’n boer. Ek het my bestaan uit die grond gemaak vandat ek nog baie jonk was.’

6. “As iemand dan vra: ‘Wat is daardie wonde aan jou hande?’ sal hy sê: ‘Ek het die wonde gekry by die huis van my vriende!’”

Die verstrooiing van die skape

7. “Swaard, word wakker teen my skaapwagter, teen die man wat so naby aan My is, sê die Here, die Almagtige. Tref die skaapwagter sodat die skape verstrooi kan word en Ek teen die lammers kan optree.

8. Twee derdes van die inwonersvan die land sal afgesny word en omkom, sê die Here. Een derde sal oorbly in die land.

9. Ek sal daardie groep deur vuur laat gaan en hulle suiwer, net soos silwer en goud deur vuur gesuiwer word. Hulle sal my Naam aanroep en Ek sal hulle antwoord. Ek sal sê: ‘Hulle is my volk,’ en hulle sal sê: ‘Die Here is ons God.’”