hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek het onder die son ’n verkeerde ding gesien wat swaar op ’n mens druk:

2. God gee aan mense rykdom, besittings en eer. Hy gee hulle alles wat hulle ooit nodig kan hê.Maar God laat hulle nie toe om dit te geniet nie.’n Vreemdeling sal dit geniet.Ook dít is sinloos, soos verterende kwaad!

3. ’n Man kan honderd kinders hê en baie oud word,maar maak nie saak hoe lank hy lewe nie, as hy nie sy welvaart kan genieten ’n goeie begrafnis kry nie,dan is ’n doodgebore bababeter daaraan toe as hy.

4. So ’n baba kom op ’n sinlose manier, gaan weer weg in donkerheiden sy naam word deur duisternis bedek.

5. Alhoewel hy nooit die son sien nieen niks daarvan weet nie, is hy tog beter daaraan toe as daardie ander persoon.

6. Hy kan dalk twee maal duisend jaar lewe, maar die goeie van die lewe sal hy nie geniet nie.Gaan al twee nie na dieselfde plek toe nie?

7. Al die mens se moeiteis vir sy mond,maar hy kry nooit genoeg nie.

8. Watter voordeel het die man van wysheid bo die dwaas?Watter voordele het die armewat weet hoe hy hom moet gedra tussen mense wat nog lewe?

9. Wat ’n mens se oë kan sien, is beter as ’n swerwende begeerte.Ook dit is dus sinloos, ’n blote gejaag na wind.

Die toekoms, bepaald en

onseker

10. Wat ook al gebeur het, is vooraf bepaal.Dis bekend wat die mens is.Hy kan nie ’n regstryd voer met die Een wat sterker is as hy nie.

11. Hoe meer woorde, hoe meer is alles sinloos. Wat baat dit enige mens?

12. Wie weet wat goed isvir die mens in die lewe,in die klompie sinlose dae wat hy soos ’n skaduweedeurbring?Wie kan vir ’n mens sê wat ná hom onder die son sal gebeur?