hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moenie te gou praat nie.Moenie oorhaastig iets aan God belowe nie.Onthou: God is in die hemel en jy is op die aarde. Laat jou woorde min wees.

2. Baie aktiwiteit gee jou rustelose drome.Net so kom dwaasheid van te veel woorde.

3. As jy iets aan God belowe het, moenie versuim om dit te doen nie.Hy het nie tyd vir dwase nie. Doen wat jy beloof het.

4. Dis baie beter om niks te belowe nie as om iets te belowewat jy nie doen nie.

5. Moenie dat jou mond jou na sonde lei nie.Moenie jouself verontskuldigby die verteenwoordiger van die tempel deur te sê:“My belofte was ’n fout!” nie.Hoekom wil jy God kwaad maak met wat jy sê sodat Hy die werk van jou hande vernietig?

6. Want soos daar baie drome is wat sinloos is,so is daar ook baie woorde.Maar jy moet ontsag hê vir God.

Rykdom is sinloos

7. Moenie verbaas wees as jy sienarm mense word verdruk en hulle regte word in die land misken nie.Alle amptenare is onder gesag van iemand bo hulle.En oor hulle is daar ook weer ’n hoër gesag.

8. En onder alles is die voordeel vir ’n land dit: dat ’n koning aan die landbou diensbaar word.

9. Mense wat geld liefhet, kry nooit genoeg daarvan nie.Mense wat van rykdom hou, is nooit tevredemet hulle inkomste nie.Ook dit is sinloos.

10. Hoe meer jy besit, hoe meer word die eterswat jou help om dit te spandeer.Al voordeel wat jou rykdom vir jou inhou, is om te sien hoe dit deur jou vingers glip.

11. Mense wat hard werk, slaap goed, maak nie saak of hulle baie of min eet nie.Maar die skatte van ryk mense laat hulle nie toe om rustig te slaap nie.

12. Daar is ook nog ’n ander ernstige probleem wat ek gesien het:Party mense gaar besittings op tot hulle eie ellende.

13. Net een ongelukkige transaksie, en hy verloor die rykdom.As hy die vader van ’n seun is,het hy niks om vir sy seun na te laat nie.

14. ’n Mens kom kaal die wêreld in, so gaan hy ook die wêreld uit.Daar is niks wat hy kan saamvatvir al sy moeite nie.

15. Dis ook onregverdig: Soos mense gekom het, so gaan hulle. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?

16. Lewenslank lewe hulle in die duister,in smart, ellende en bitterheid.

17. Maar ek het darem ook iets goeds opgemerk:Dit is goed dat mense lekker eet en wyn drink en hulle werk geniet,wat hulle ook al onder die son doen, gedurende die tydjie wat God hulle laat lewe. Dit is hulle deel op aarde.

18. En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ’n geskenk uit sy handdat ’n mens jou werk genieten jou deel in die lewe aanvaar.

19. Hulle kry min tyd om na te dink oor hulle lewe,want God maakhulle dae vol blydskap.