hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wat hier volg, is die woorde van die Prediker. Hy was ’n seun van Dawid en het in Jerusalem as koning regeer.

Alles is sinloos

2. “Alles is sinloos,”sê die Prediker.“Alles is sinloos, absoluut sinloos!”

3. Watter voordeel kry mense vir al hulle harde werk,hulle inspanning onder die son?

4. Die een geslag volg op die ander,maar die aarde verander nooit nie.

5. Die son kom op en gaan weer onder; hy haas hom terug na waar hy opkom.

6. Die wind waai na die suide en draai na die noorde.Dit dwarrel om en om, en gaan weer in sy sirkelgang.

7. Die riviere vloei in die see,maar die see word nooit vol nie.Die water gaan weer terug na die riviere toe,en keer terug na die see.

8. Al die dingemaak ’n mens moeg,’n mens kan dit nie eers opnoem nie,die oog word nie versadig van wat hy sien nie,die oor word nie vol van wat hy hoor nie.

9. Niks wat gebeur, is nuut nie.Wat gedoen is, sal weer gedoen word. Daar is niks nuuts onder die son nie.

10. Na wat kan jy wys en sê: “Dit is nuut”?Nee, dit was lankal daar,lank voor ons tyd!

11. Dinge van voorheenword nie onthou nie.In die toekoms sal die geslagte wat kom nie onthouwat nou gebeur nie.

Wysheid is nutteloos

12. Ek, die Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.

13. Ek het my daarop toegespitsom alles wat onder die son gedoen word, te verstaanen met wysheid te deurdink. Ek het gevind dis ’n moeilike taak wat God vir die mens gegee hetom hom daarmee besig te hou.

14. Ek het al die dade gesienwat onder die son gedoen word, en kyk, alles was sinloos, ’n gejaag na wind!

15. Wat krom is, kan nie reguit gemaak word nie.Wat weg is, kan nie getel word nie.

16. Ek het vir myself gesê:“Ek is verstandiger as al die konings wat voor myoor Jerusalem regeer het.Ek het meer insig en kennis as enigeen van hulle verkry.”

17. Ek het my daarop toegespits om kennis en insig van domheid en dwaasheid te onderskei.Maar ek het besef: Ook dítis net ’n gejaag na wind.

18. Want hoe groter jou insig is,hoe meer verdriet het jy.Soos kennis vermeerder,so word jou smart meer.