hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Vrygewigheid en fluksheid

1. Gooi jou brood op die water,want na ’n lang tyd kry jy dit terug.

2. Sit jou besittings op sewe of agt plekke.Jy weet immers nie watter rampe die land kan tref nie.

3. As wolke vol water is, val daar reën op die aarde.Of ’n boom nou suid val of noord, dit bly lê waar dit geval het.

4. As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie.En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.

5. Net so min as wat jy die pad van die wind ken,of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou,net so min verstaan jydie werk van God wat vir alles verantwoordelik is.

6. Saai jou saad vroegoggend, maar moenie ophou as dit aand word nie.Jy weet nie watter een suksesvol sal wees, en of al twee saam ’n goeie oes sal lewer nie.

Raad vir oud en jonk

7. Lig is soet,en dis goed vir die oë om die son te sien.

8. Ongeag hoe lank jy lewe, geniet elke oomblik daarvan.Maar onthou die donker dae,want hulle sal baie wees.Tog is alles wat kom, sinloos.

9. Jong man, geniet jou lewe terwyl jy jonk is,vind vreugde in jou jeugen wat jy ook al sien.Doen wat jy graag wil doen,maar onthou net:God sal van jou rekenskap eis.

10. Vermy bekommernis,dit sal jou liggaam gesond hou. Ook die jeug en jonkheid is sinloos.