hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Onthou jou Skepper terwyl jy jonk is,later kom daar moeilike tye waarvan jy sal sê: “Ek geniet dit nie.”

2. Dan sal die son, die daglig, die maan en die sterre donker word,die tyd wanneer dit weer bewolk word ná die reën.

3. Dit is die tyd wanneer die wagtersvan die huis sal bewe,die sterk manne waggelen die malers ophou maalomdat hulle min geword het,die tyd wanneer dit donker word vir dié wat deur die vensters kyk,

4. wanneer die deure na die straat toetoegemaak word,die geluid van die meul dof word, die tyd wanneer ’n mens opstaanas die voëls begin singal hoor hy geen lied meer nie.

5. Dit is die tyd wanneer hy bang isvir ’n hoogteen vir alles op die pad skrik,die tyd wanneer die amandelboomin bloei staan,die sprinkaan homselfmoeisaam voortsleep.Dis die tyd wanneer ’n mens se begeertesnie meer opgewek kan word nie.Dis die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan,en dié wat treurop die straat rondgaan.

6. Dis die tyd wanneer die silwer draad van jou lewe afgebreek worden die goue kruik versplinter,die kruik by die fontein stukkend breeken die wiel by die put stukkend val.

7. Dan sal die stof teruggaan na die aarde toe soos dit wasen die gees terugkeer na God wat dit gegee het.

8. “Alles is sinloos,” sê die Prediker, “alles is absoluut sinloos.”

Laaste opmerkings

9. Die Prediker was nie net baie wys nie,maar het ook kennis aan die volk gegee. Hy het nagedink, nagevorsen spreuke gemaak.

10. Die Prediker het die regte woorde probeer kies, en die waarheid getrou neergeskryf.

11. Die woorde van wyse mense is soos skerp stokke,versamelde spreuke soos spykers wat ingeslaan is.Dit is deur een Herder gegee.

12. Wees verder versigtig, my kind:Aan die skryf van baie boekekom daar geen einde nie.En deur baie te studeer, ooreis jy jou liggaam.

13. Na alles wat jy gehoor het, is dit die finale slotsom:Wees eerbiedig teenoor Goden gehoorsaam sy gebooie.Dit word van alle mense gevra.

14. Want God gaan elke daad beoordeel,ook wat jy in die geheim gedoen het, of dit goed is of kwaad.