hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Wysheid vir die lewe

1. ’n Goeie naam is beter as goeie reukolie, die dag van sterwe beter as die geboortedag.

2. Dis beter om na ’n huis te gaanwaar gerou word.Die dood is elkeen se bestemming.En elkeen wat nog lewe,kan dit ter harte neem.

3. Droefheid is beter as om te lag; ’n droewige gebeurtenis laat ’n mens dikwels goed nadink.

4. Die gemoed van die wyse voel tuis waar daar gerou word.Die dwase se gemoed voel tuis waar daar plesier is.

5. Dis beter om ag te slaanop die kritiekvan iemand wat wys is,as om te luister na die lied van dwase mense.

6. Soos die geknetter van doringtakke onder ’n pot,so klink die gelag van ’n dwaas.Dit alles is sinloos.

7. Afpersing maak ’n verstandige’n dwaas. ’n Omkoopgeskenk vernietiggoeie oordeel.

8. ’n Taak wat voltooi is,is beter as die begin.Geduld is beter as hoogmoed.

9. Moenie gou kwaad word nie;ergernis hoort by dwase.

10. Moenie sê: “Waarom was die ou dae beter as die huidige?” nie.Dit is nie uit wysheid dat jy daaroor vra nie.

11. Wysheid is net so goed as ’n erfdeel; dit help hulle wat nog die son sien.

12. Wysheid beskerm jou soos geld beskerming bied.Maar die voordeel van kennis is dat wysheid die lewe van hom wat dit besit,beskerm.

13. Kyk hoe God te werk gaan: Wie kan iets reguit maak wat Hy krom gemaak het?

14. Geniet die dag van voorspoed.Maar wanneer teëspoed kom, onthou, God gee die eensowel as die andersodat die mens nie sal weet wat met hom sal gebeur nie.

Beperkings van menslike

wysheid

15. In my lewe van sinloosheid het ek alles gesien:Die regverdige gaan dood, al doen hy wat reg is;’n bose mens geniet ’n lang lewe, al doen hy verkeerd.

16. Moenie te regverdig lewe nie. Moenie aanspraak maak op meer wysheid as wat jy het nie.Hoekom wil jy jouself vernietig?

17. Moet ook nie te goddeloos lewe nie.Moenie ’n dwaas wees nie!Hoekom moet jy voortydig doodgaan?

18. Dit is goed om een vas te hou en die ander nie te los nie.Hy wat vir God respekteer,ontkom aan albei.

19. Wysheid versterk ’n wyse met meer mag as wat tien belangrike leiersin ’n stad het.

20. Want daar is niemand op aardewat regverdig is nie,niemand wat net goeddoen en nooit sondig nie.

21. Moenie jou steur aan alles wat mense sê nie. Dalk hoor jy hoe jou werknemer jou verwens!

22. Jy onthou immers hoe dikwels jy self ander verwens het.

23. Ek het dit allesmet die hulp van wysheid getoets.Ek wou regtig wys wees,maar kon dit nie regkry nie.

24. Wat wysheid ook al is,dit lê buite bereik en baie diep. Wie kan dit vind?

25. Ek het alles moontlik probeer om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en om die dwaasheid van goddeloosheid te verstaan,en dwaasheid as malligheid te ken.

26. Wat ek wel gevind het, is dat ’n vrou wat verlei, bitterder is as die dood. Haar hart is ’n gevaarlike vangnet.Haar hande is boeie.Wie voor God goed is, vermy haar,maar die sondaar word deur haar gevang.

27. “Dis wat ek geleer het,” sê die Prediker,“toe ek een en een bymekaargetel het om die regte insig te kry.

28. Wat ek nog altyd gesoek het,het ek nie gevind nie.Ek het wel een man uit duisend gevind.Maar só ’n vrou het ek nie onder al dié gevind nie.

29. Die één ding wat ek wel gevind het, is dit: God het die mense goed en opreg gemaak, maar hulle het allerlei slimmighedegesoek.”