hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ellende verander in hoop

1. Dit gaan ellendig met my! Ek voel soos iemand in ’n vrugteboord nadat die oes al afgepluk is. Daar het nie ’n trossie druiwe of ’n enkele vy oorgeblywat my honger kan stil nie.

2. Al die gelowige mense het verdwyn.’n Mens kry nie meer eerlike mense nie. Hulle is almal moordenaars, hulle stel vernietigende strikke vir hulle eie mense.

3. Hulle hande staan vir niks verkeerdas dit by verkeerd doen kom nie.Die amptenare eis omkoopgeld net soos die regters.Mense in belangrike posisies maak hulle wense bekend, sweer met hulle saamen verdraai dan die reg.

4. Die bestes onder hulleis soos ’n gifplant,die eerlikstes soos ’n bosmet gevaarlike dorings.Maar die dag van afrekeningis baie naby.Dit sal ’n tyd van groot chaos wees.

5. Tel jou woorde!Moet niemand vertrou nie,nie eers ’n beste vriend of selfs jou vrou of man nie.

6. ’n Seun sal sy pa verag. ’n Dogter sal opstandig wees teen haar ma en ’n skoondogter teen haar skoonma.Jou vyande sal in jou eie huis wees!

7. Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die Here gaan doen.Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor!

8. My vyande, julle moeniejulle oor my verlekker nie!Ek het geval, maar ek sal weer opstaan.Al sit ek nou in duisternis, die Here is ’n lig vir my.

9. Ek sal die straf van die Here verduur, want ek het teen Hom gesondig.As dit eers verby is, sal Hy my saak opneemteen my vyande.Hy sal reg aan my laat geskied. Hy sal weer lig in my lewe bringen ek sal sy regverdigheid sien.

10. Dan sal my vyande sien dat Hy aan my kant is. Hulle sal skaam kry omdat hulle my gespot het deur te sê: “Waar is die Here jou God?” Ek sal toekyk terwyl hulle soos modder op die strate vertrap word.

11. Israel, daar sal ’n tyd aanbreek wanneer julle julle stedesal herbou en julle grense sal uitbrei.

12. In dié tyd sal mense van verskillende lande kom om eer aan julle te bring.Hulle sal van Assirië af komtot by Matsor in Egipte,van Matsor af tot by die Eufraat,van see tot see en van berg tot berg.

13. Maar die aarde sal leeg en verlate wees as gevolg van wat die inwoners gedoen het.

Die Here se medelye met Israel

14. Kom lei u volk soos ’n herder,die kudde wat aan U behoort!Hulle wei alleen in ’n bos in Karmel.Laat hulle weer soos vroeër weitot in Basan en Gilead.

15. “Ek sal hulle weer wonders laat sien soos toe Ek hulle uit Egipte uitgelei het.”

16. Die nasies van die wêreld sal verbaas staan oor wat die Herevir julle sal doen. Hulle sal skaam kryoor hulle kragteloosheid. Hulle sal stomverbaas staan, hulle ore sal doof word.

17. Die volke sal dan besef dat hulle nikswerd is. Hulle sal soos slange oor die grond seil, soos kruipende gediertes op die aarde.Hulle sal bewend uit hulle skuilings na die Here ons God toe kom, bevrees en bang vir sy teenwoordigheid.

18. Wie is ’n God soos U?U vergewe sonde en straf nie die sondeof die oortredingsvan hulle wat oorgebly het nie.U bly nie vir altyd kwaad nie, maar is liefdevol en getrou.

19. U sal weer medelye hê met ons.U sal ons sonde onder u voete vertrap, dit weggooi in die diepte van die see!

20. Reeds lank gelede het U aan ons voorvaders, Jakob en Abraham, u trou en liefde met ’n eed belowe. Betoon dit nou ook aan ons.