hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Klagte teen Israel

1. Luister wat die Here sê:“Staan op en stel jou saak terwyl die berge en die heuwels na jou luister.

2. Berge, vaste fondamente van die aarde, luister na die klag van die Here! Die Here maak ’n regsaak teen sy volk. Hy lê ’n klag teen Israel.

3. “My volk, wat het Ek julle aangedoen? Waarmee het Ek julle oorlaai?Antwoord My!

4. Ek het julle tog uit Egipte gebring,julle uit slawerny gered.Ek het Moses, Aäron en Mirjam gestuur om julle te help.

5. My volk, onthou julle nie hoe koning Balak van Moabprobeer het om ’n vloek op julle te plaas nie? In plaas daarvan het Bileam, Beor se seun, julle geseën.Verder, onthou julle julle reis van Sittim af Gilgal toe? Ek, die Here, het alles in myvermoë gedoen om julle van my getrouheid te leer.”

6. As ’n mens kom om die Herete aanbid, wat moet jy saambring? Moet ons God aanbid deur jaaroud kalwers te offer?

7. Sal dit vir die Hereaanvaarbaar weesas ons duisende ramme offerof tienduisende strome olyfolie aanbied? Sal dit Hom bly maak as ons ons oudste kinders offer om te vergoed vir ons sonde?

8. Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julleom reg te laat geskied,om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe.

Jerusalem se skuld en straf

9. Jerusalem, luister na die Here! Verstandige mense respekteer die Here se Naam. “Neem kennis:van die straf en wie dit veroorsaak.

10. Gaan julle ooit ophouom deur kullery ryk te word? In die huise van die oneerlike mense is vals maatbakke en -bekers.

11. Sal Ek ’n man vryspreek wat vals mate en vals gewigte gebruik?

12. Mense in die stad word ryk deur geweld te gebruik. Die inwoners is gewoond om te lieg en te bedrieg.

13. “Om dié rede gaan Ek julle dodelik tref!Ek gaan julle vernietig oor al julle sondes.

14. Julle sal eet, maar nie versadig word nie.Julle hongerpynesal nie weggaan nie.Julle sal spaar, maar niks bymekaarmaak nie.Die bietjie wat julle wel oorhou, sal in gevegte tot niet gaan.

15. Julle sal saai, maar nie oes nie.Julle sal olywe pars, maar nie genoeg kryom julle te salf nie.Julle sal druiwe pars, maar julle sal niedie wyn drink nie.

16. Julle gehoorsaam net die wette van Omri en volg al die gebruikevan Agab se familie na!Ek sal van julle ’n voorbeeld maak en julle verwoes.Hulle sal julle inwoners spot, ander volke sal julle minag.”