hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Oordeel oor ryk onderdrukkers

1. Verskriklike dinge lê in die vooruitsig vir julle wat snags op julle beddens lê en bose planne bedink.Vroegoggend staan julle open voer dit uit omdat julle die mag het om dit te doen.

2. As julle ’n stuk grond wil hê, lê julle beslag daarop.As julle iemand se huis wil hê,vat julle dit van hulle af.Nie eers iemand se familie of erfgrond is veilig nie!

3. Maar die Here sê: “Ek sal kwaadmet kwaad vergeld.Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie!Julle gaan ’n slegte tyd beleef,niks gaan oorbly van julle trots nie.”

4. Daardie dag sal julle vyande met julle spot.Hulle sal ’n treurlied sing en sê:“Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons landvan ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.”

5. Wanneer die land verdeel word,sal die Here se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.

Ware en vals profete

6. Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraakof profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!”

7. Israel, behoort julle so te praat? Sal die Here geduld hê met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees.

8. Maar nou is my eie mensevyandig en opstandig.Julle gryp mense en skeur die klere afvan hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terugvan ’n veldslag af.

9. Julle verdryf die vroue van my volkuit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge,van hulle godgegewe erfdeel.

10. Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand!

11. Die soort profeet wat julle sou verkies,is ’n profeet wat leuens vertelen vir julle sê:“Ek sal julle vertel van al die voordele wat wyn en sterk drankvir julle kan bring.”

Hoop op herstel

12. “Eendag, Israel, sal Ek julle almal terugbring.Die oorblyfsels van Israelsal Ek sekerlikweer bymekaarbring.Ek sal hulle bymekaarbringsoos skape in ’n kraal, soos ’n trop skape in die veld.Julle land sal weerklinkvan die gedreun van mense.

13. Julle leier sal deur die linies breek en julle uit ballingskap lei. Hy sal julle leideur die poorte van die stede, julle sal deur die poorte breek op pad na julle eie land toe.Julle koning sal voor julle uit gaan.Die Here self sal julle lei.”