hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die boodskap wat volg, het Nahum in ’n visioen ontvang. Nahum was van Elkos afkomstig.

Die Here se woede teenoor

Nineve

2. Die Here is ’n God wat absolute lojaliteit vra.Hy is vol wraak en woede.Hy wreek Hom op al sy teenstandersen vernietig sy vyande.

3. Die Here word stadig kwaad,maar sy krag is groot.Hy laat skuldiges nie ongestraf nie.Hy kom in warrelwinde en storms, wolke is die stof onder sy voete.

4. Hy beveel, en oseane en riviere droog op,die groen weivelde vanBasan en Karmelverdroog, die botsels van Libanon verdor.

5. Berge skud in sy teenwoordigheiden die heuwels smelt weg. Hy laat die aarde bewe, so ook die wêreld en die mense wat dit bewoon.

6. Wie is bestand teen sy woede?Wie sal die gloed van sy toorn oorleef?Sy woede brand soos ’n vuur.Rotse verkrummel voor Hom tot stof.

7. Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting.Hy beskerm elke mens wat op Hom vertrou.

8. Maar Hy tref dié wat teen Hom in opstand komsoos ’n vloedgolf.Hy agtervolg sy vyandedie donkerte in.

9. Hoekom beraam julle planne teen die Here?Hy sal dit op niks laat uitloop nie.Daar sal nie weer so ’n bedreiging kom nie.

10. Sy vyande is soos vervlegte dorings,soos slingerende dronkaards.Maar Hy sal hulle soos droë strooi verbrand.

11. Wie is hierdie koning van jullewat durf waag om bose planneteen die Here te beraam?

12. Die Here sê: “Selfs al het Assiriërsbaie bondgenote,hulle sal vernietig word en van die toneel af verdwyn. My volk, Ek het julle alreeds tevore gestraf, maar Ek sal dit nie weer doen nie.

13. Ek breek nou die juk wat julle onderdruken bevry julle van hulle oorheersing.”

14. Dit sê die Here vir die Assiriërs: “Julle sal nie kinders hê wat julle name laat voortleef nie.Al die beelde in julle afgodstempelssal Ek vernietig. Ek berei ’n graf vir julle voor,want julle is afstootliken verdien nie om te leef nie!”

15. Kyk! ’n Boodskapper met goeie nuuskom oor die berge!Hy bring ’n boodskap van vrede.Mense van Juda, vier julle feeste, betaal julle geloftes.Julle vyande is verslaan!Hulle sal julle land nooit weer binneval nie.