hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Gedurende die bewind van Jotam, Agas en Hiskia het die Here boodskappe vir Miga van Moreset gegee. Hy het visioene gesien wat bestem was vir Samaria en Jerusalem.

Ontsteltenis oor Samaria

2. Let op, nasies van die wêreld, julle wat die aarde bewoon!Die oppermagtige Herekla julle aan.Die Here sal getuiguit sy heilige tempel.

3. Kyk, die Here is op pad! Hy verlaat sy troonen kom af aarde toe.Hy kom loop hierop die hoë plekke.

4. Die berge smelt onder Hom.Soos was wat smelt, vloei hulle die valleie binne;soos water wat afvloei teen die heuwels.

5. Hoekom gebeur dit? Omdat Israel en Judasonde doen en opstandig is.Wie moet die blaam dra vir Israel se opstand? Is dit nie Samaria nie?Waar in Juda is die offerplekkevir die afgode?Is dit nie Jerusalem nie?

6. “Ek gaan Samaria tot ’n puinhoop maak,’n plek om wingerde te plant.Die klippe waarmee die stad gebou is,gaan Ek in die vallei laat afrol.Die fondamente gaan Ek blootlê.

7. Al die beelde in die stad sal stukkend geslaan word.Al die skatte uit prostitusie verdien,sal met vuur verbrand word.Al haar afgodsbeeldesal Ek vernietig.Sy het uit prostitusie haar verdienste bekom.Vir die doel van prostitusiesal hulle weer gebruik word.”

8. Daarom sal ek huil en treur,sal ek kaalvoet rondloop,sonder klere. Ek sal tjank soos ’n jakkals en brom soos ’n volstruis.

9. My volk se wond is ongeneeslik.Dit tref die mense van Juda. Dit reik selfs tot by die poorte van Jerusalem.

10. Moenie dit in Gat vertelen daaroor huil nie.Mense van Bet-Leafra, rol liewer in die stofas teken van julle ontsteltenis.

11. Inwoners van Safir, gaan in ballingskap, naak en vernederd.Inwoners van Saänan, waag dit nie buite nie.Die mense van Bet-Esel treur, want hulle stad se fondasie is weggeruk.

12. Die inwoners van Marot wag in spanning dat verligting sal kom,want die Here se oordeel het al gekom tot by die poortevan Jerusalem.

13. Inwoners van Lakis, span in die strydwaens! In Lakis het die sonde van Juda begin. Die ontrouheid van Israelhet by julle begin.

14. Stuur ’n afskeidsgeskenk na Moreset-Gat.Die dorp Aksib het die konings van Israelmislei.

15. Inwoners van Maresa, Ek stuur ’n oorwinnaar teen julle.Die eer van Israel sal tot by Adullam kom.

16. Skeer van hartseer ’n kaal kol op julle koppe ter wille van die kinders wat julle liefhet.Skeer julle koppe kaal soos ’n aasvoël.Want hulle sal van julle weggevat word en in ballingskap geneem word.