hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het die volgende boodskap aan Hosea seun van Beëri gegee. Dit was toe Ussia, Jotam, Agas en Hiskia na mekaar konings van Juda was en Jerobeam seun van Joas koning van Israel was.

Hosea se vrou en kinders

2. Toe die Here begin het om met Israel deur Hosea te praat, het Hy vir hom gesê: “Gaan trou met ’n losbandige vrou, iemand wat mettertyd buite-egtelike kinders sal hê. Dit sal ’n sigbare beeld wees van hoe die land teenoor My, die Here, egbreuk pleeg deur ander gode te dien.”

3. Hosea het toe met Gomer dogter van Diblajim getrou. Sy het swanger geword en vir Hosea ’n seun in die wêreld gebring.

4. Toe sê die Here: “Noem die seun Jisreël, want Ek is op die punt om koning Jehu se koningshuis te straf as vergelding vir die moorde wat hy by Jisreël gepleeg het. Trouens, Ek gaan ’n einde maak aan die koningshuis van Israel.

5. Dan sal Ek sy militêre mag in die Jisreëlvlakte vernietig.”

6. Kort daarna het Gomer weer verwag en ’n dogter is gebore. Toe sê die Here vir Hosea: “Noem haar Lo-Rugama (‘Geen-ontferming’), want Ek sal My nie langer ontferm oor die volk Israel en hulle vergewe nie.

7. Maar Ek sal aan die mense van Juda ontferming betoon as die Here hulle God. Ek self sal hulle bevry van hulle vyande sonder die hulp van wapens of militêre magte.”

8. Nadat Gomer vir Lo-Rugama gespeen het, het sy weer swanger geword en ’n seun is gebore.

9. Toe sê die Here: “Noem hom Lo-Ammi (‘Nie-my-volk-nie’), want Israel is nie meer my volk nie en Ek is nie meer hulle Verbondsgod nie.

10. “Tog sal daar ’n tyd aanbreek dat Israel voorspoedig sal wees en ’n groot nasie sal word. Dan sal hulle wees soos die sand aan die see – te veel om getel te word. In plaas daarvan dat aan hulle gesê is ‘Julle is Nie-my-volk-nie’, sal gesê word ‘Julle is kinders van die lewende God’.

11. Dan sal die inwoners van Juda en Israel verenig onder een leier, en hulle sal saam na die land toe terugkeer. Dit sal ’n besondere dag wees, die groot dag van Jisreël, wanneer God weer sy mense in sy land sal plant.

12. Daardie dag sal julle julle broers noem Ammi (‘My volk’) en julle susters Rugama (‘Hulle wat ontferming ontvang het’).”