hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat.

’n unieke manier met ons

gepraat

2. Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.

3. Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon.

Jesus Christus as die Seun

oortref die engele verreweg

4. Jesus Christus is oneindig groter as die engele, net soos die erenaam van Seun wat Hy gekry het, baie heerliker is as dié van die engele.

5. God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie:“Jy is my Seun.Vandag het Ek jou Vader geword.”Op ’n ander plek sê God weer:“Ek sal sy Vader wees,en Hy sal my Seun wees.”

6. En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy:“En laat al die engele van God Hom aanbid.”

7. God sê van die engele:“Hy verander sy engele in stormwinde,sy dienaars in vuurvlamme.”

8. Maar vir die Seun sê Hy:“U troon, o God, staan vir altydonwankelbaar vas.U koninklike heerskappyword gekenmerk deur regverdigheid.

9. U het lief wat reg isen U haat wat verkeerd is. Daarom het, o God, u God U met jubelende vreugdetot koning gesalf –ver verhewe bo almalsaam met U.”

10. En verder:“O Here, U het heel aan die begindie fondamente van die aarde gelê,en die hemele is u handewerk.

11. Hierdie dinge sal vergaan,maar U bly vir altyd. Hulle sal almal soos klere verslete raak.

12. Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol;soos ’n bo-kleedsal hulle verander word.Maar U bly steeds Uselfen U leef vir altyd.”

13. En God het nooit aan ’n engel gesê nie:“Sit aan my regterhandtotdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.”

14. Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.