hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jesus is Moses se meerdere

1. En nou, broers en susters – julle wat aan God behoort en vir die hemel bestem is – fokus nou skerp op hierdie Jesus van wie ons bely dat Hy Apostel en Hoofpriester is.

2. Hy was getrou aan God wat Hom aangestel het, net soos Moses getrou gedien het in God se hele huishouding.

3. Maar Jesus verdien baie groter erkenning as Moses, net soos die persoon wat ’n huis bou baie meer lof kry as die huis self.

4. Want elke huis het ’n bouer, maar God is die bouer van alles.

5. Moses was getrou in die hele huis van God, maar dan net as dienaar. Sy werk moes getuig van die waarhede wat God later sou uitspreek.

6. Maar Christus, as sy getroue Seun, was in bevel van die hele huis van God. Ons is daardie huis van God as ons met moed en vertroue bly vashou aan ons toekomsverwagting.

Ernstige waarskuwing teen ’n

houding van ongeloof

7. Julle moet dus luister wanneer die Heilige Gees die volgende sê:“Vandag wanneer julle sy stem hoor,

8. moet julle nie julle harte verhardsoos Israel gedoen het toe hulle gerebelleer het nie,toe hulle God se geduldin die woestyn getoets het.

9. -

10. Dáár het julle voorvadersmy geduld beproeften spyte daarvan dat hulle vir 40 jaarmy magtige dade aanskou het. Daarom het Ek vir daardie geslag kwaad geworden gesê: ‘Hulle harte dwaal altydvan My af weg. Hulle wou nie doenwat Ek van hulle verwag nie.’

11. Daarom het Ek in my toornonder eed verklaar:‘Hulle sal nooit my land van rusbinnegaan nie.’”

12. Wees dan versigtig, broers en susters. Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie.

13. Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word.

14. Want as ons enduit stewig bly vashou aan die vertroue op God waarmee ons oorspronklik begin het, het ons deelgenote geword van alles wat aan Christus behoort.

15. Daarom moet julle nooit die vermaning vergeet nie:“Vandag wanneer julle sy stem hoor,moet julle nie julle harte verhardsoos Israel gedoen hettoe hulle gerebelleer het nie.”

16. Wie was daardie mense wat gerebelleer het alhoewel hulle God se stem gehoor het? Was hulle nie die mense vir wie Moses uit Egipte gelei het nie?

17. En vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Was dit nie die mense wat gesondig het en wat in die woestyn omgekom het nie?

18. Oor wie het God met ’n eed verklaar dat hulle nie sy land van rus sal binnegaan nie? Was dit nie juis hulle wat aan Hom ongehoorsaam was nie?

19. Ons sien dus dat dit juis as gevolg van hulle ongeloof was dat hulle nie in die land van rus kon ingaan nie.