hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Waarskuwing teen wegdryf

1. Ons moet dus baie styf vashou aan die boodskap wat ons gehoor het sodat ons tog nie dalk wegdryf nie.

2. Die woord wat God deur engele aan ons gegee het, het nog altyd onwrikbaar vasgestaan. Daarby is mense tereg gestraf vir elke oortreding van God se wet en elke daad van ongehoorsaamheid.

3. Hoe sal ons ontvlug as ons ons rug op so ’n groot saligheid draai – ’n boodskap wat ons Here Jesus eerste begin verkondig het en wat daarna deur dié wat Hom gehoor het, aan ons bekragtig is,

4. terwyl God dit nog verder bevestig deur tekens en wonderwerke, deur allerlei kragtige dade en deur gawes van die Heilige Gees toe te bedeel soos Hy dit goedvind.

Jesus het ons leidsman en broer

geword om by ons te staan

5. God het ook nie aan engele die beheer van die toekomstige wêreld waarvan ons praat, toevertrou nie.

6. Inteendeel, iemand het êrens soos volg getuig:“Wat is die mensdat U aan hom sou dink,’n mensekinddat U aan hom sou aandag gee?

7. Vir ’n klein rukkiehet U hom minder gemaak as die engele;U het hom met heerlikheid en eer gekroon.

8. U het alles onder sy beheer geplaas.”Wanneer die Skrif sê “alles” is onder die mens se beheer geplaas, beteken dit werklik álles. Tog sien ons nou nog glad nie dat alles reeds onder die mens se beheer is nie.

9. Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf.

10. God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak.

11. Nou is dit so dat sowel Jesus – dié Een wat geheilig is – as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het. Dit is waarom Jesus nie huiwer om hulle sy broers en susters te noem nie.

12. Want Hy sê vir God:“Ek sal u Naam bekendmaakaan my broers en susters. Ek sal in u gemeente u lof besing.”

13. Hy sê ook: “Ek sal vas op Hom vertrou.” En verder: “Hier is Ek saam met die kinders wat God My gegee het.”

14. Omdat hierdie “kinders” mense van vlees en bloed is, het Jesus ook ten volle mens net soos hulle geword. Want Hy kon net sterf as Hy ten volle mens was en Hy kon net deur self te sterf hom die nekslag toedien wat mag oor die dood gehad het – die duiwel.

15. Net op hierdie manier kon Hy dié vrymaak wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny vasgevang gesit het.

16. Ons weet almal dat Jesus gekom het om die nakomelinge van Abraham te help – nie die engele nie.

17. Daarom moes Hy ten volle soos ons – sy broers en susters – word om as ons ontfermende en betroubare Hoofpriester voor God priesterdiens te verrig en die sondes van God se volk te versoen.

18. Omdat Hy self versoekings verduur het, kan Hy dié help wat onder versoeking swaarkry.