hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dawid het weer die gekose manne in Yisra’el bymekaargemaak; dertig duisend.

2. Dawid het opgestaan en saam met al die manne wat by hom was na Ba’alei-Y’hudah gegaan, om die ark van God, wat by die Naam genoem word, die Naam יהוה-Tzva’ot wat bo die gérubs troon, daarvandaan te gaan haal.

3. Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa gesit om dit vanaf die huis van Avinadav, wat op die heuwel is, te bring. `Uzah en Agyo, die seuns van Avinadav, het die nuwe wa gelei.

4. So het hulle dit met die ark van God vanaf die huis van Avinadav, wat op die heuwel is, gebring en Agyo het voor die ark geloop.

5. Intussen het Dawid en die hele huis van Yisra’el voor die Teenwoordigheid van יהוה fees gevier met allerhande soorte instrumente van dennehout, liere, harpe, tamboeryne, kastanjette en simbale.

6. Toe hulle egter by die dorsvloere kom, het `Uzah sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het dit amper laat afval.

7. Die woede van יהוה het teen `Uzah ontvlam en God het hom daar neergeslaan vir sy oneerbiedigheid en hy is daar by die ark van God dood.

8. Dawid het ontsteld geword, as gevolg van יהוה se uitbarsting teen `Uzah en daardie plek is Peretz-`Uzah genoem, tot vandag toe.

9. Dawid was bang vir יהוה op daardie dag en hy het gesê: “Hoe kan die ark van יהוה na my toe kom?”

10. Dawid was nie gewillig om die ark van יהוה by hom in die stad van Dawid te laat inkom nie, maar Dawid het dit eenkant gevat na die huis van `Oved-Edom, die Gittiet.

11. Dus het die ark van יהוה vir drie maande lank in die huis van `Oved-Edom, die Gittiet, gebly en יהוה het `Oved-Edom en sy hele huishouding geseën.

12. Dit is vir koning Dawid vertel en gesê: "יהוה het die huis van `Oved-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die ark van God." Dawid het gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van `Oved-Edom in die stad van Dawid ingebring.

13. Dit was so: wanneer die draers van die ark van יהוה ses treë geloop het, het hy ’n bees en ’n vetgemaakte kalf geoffer.1 Kro 15:27

14. Dawid het met alle mag voor die Teenwoordigheid van יהוה gedans en Dawid het ’n linne skouerkleed gedra.

15. So het Dawid en die hele huis van Yisra’el die ark van יהוה met gejuig en die klank van die ramshoring gebring.

16. Toe het dit gebeur: soos die ark van יהוה die stad van Dawid ingekom het, het Mikhal, die dogter van Sha’ul, deur die venster gekyk en koning Dawid gesien spring en dans voor die Teenwoordigheid van יהוה en sy het hom in haar verstand, wil en emosie verag.

17. Hulle het die ark van יהוה ingebring en dit op sy plek neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het en Dawid het brandoffers en vredesoffers geoffer voor יהוה.

18. Toe Dawid klaar die brandoffer en vredesoffers gebring het, het hy die volk in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה-Tzva’ot geseën.1 Kro 16:3

19. Verder het hy aan al die mense, aan al die menigte van Yisra’el, aan elkeen, manne en vroue, ’n brood, ’n stuk vleis en ’n fyn witbrood uitgedeel. Toe het al die mense weggegaan, elkeen na sy huis.

20. Toe Dawid egter terugkom om sy huishouding te seën, het Mikhal, die dogter van Sha’ul, uitgekom om Dawid te ontmoet en gesê: “Hoe het die koning van Yisra’el homself vandag onderskei! Hy het in die openbaar voor die oë van die slavinne van sy dienaars verskyn en homself sekerlik soos ’n nietige mens gedra!”

21. Dawid sê vir Mikhal: “Dit is voor יהוה, wat my gekies het bo jou vader en bo sy hele huis, om my as heerser aan te stel oor die volk van יהוה, oor Yisra’el; daarom sal ek voor יהוה feesvier!

22. Ek sal geringer geag word as dit en sal nederig wees in my eie oë, maar by die slavinne van wie jy gepraat het, by hulle sal ek onderskei word.”

23. Mikhal, die dogter van Sha’ul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.