hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dawid het die woorde van hierdie lied tot יהוה gespreek op die dag toe יהוה hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Sha’ul.

2. Hy het gesê: “יהוה is my Rots en my Vesting en my Bevryder;

3. my God, my Rots, by wie ek skuil; my Skild en die Horing van my verlossing, my Vesting en my Skuilplek; my Verlosser, U red my van geweld.

4. Ek roep יהוה aan wat waardig is om geloof te word en ek word van my vyande gered,

5. want die golwe van die dood het my omring, strome van wettelose manne het my bang gemaak

6. Die bande van Sh’ol het my omring; die strikke van die dood het my gekonfronteer.

7. In my benoudheid, het ek יהוה aangeroep, ja, ek het geroep tot my God en vanaf Sy tempel het Hy my stem gehoor en my hulpgeroep, in Sy ore.

8. Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en is geskud omdat Hy woedend was.

9. Rook het opgegaan vanuit Sy neusgate, vuur vanuit Sy mond het verteer; kole is daardeur aan die brand gesteek.

10. Hy het die hemel neergebuig en afgekom, met dik duisternis onder Sy voete.

11. Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; Hy het op die vlerke van die wind verskyn.

12. Hy het duisternis as afdakke rondom Hom gesit, massas van waters, dik wolke van die lug.

13. Vanuit die helderheid voor Hom is kole voor Hom aan die brand gesteek.Yeg 1:4-28; Yeg 10:1-22; Ps 18:8-14

14. יהוה het vanuit die hemel gedonder en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor.

15. Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, weerligstrale en hulle op die vlug laat slaan.

16. Toe het die kanale van die see sigbaar geword, die fondasies van die wêreld is blootgelê, deur die bestraffing van יהוה, by die blaas van die asem vanuit Sy neusgate.

17. Hy het vanuit die hoogte gestuur, Hy het my gegryp, Hy het my uit baie waters getrek.

18. Hy het my bevry van my sterk vyand, van die wat my haat, want hulle was te sterk vir my.

19. Hulle het my gekonfronteer op die dag van my nood, maar יהוה was my ondersteuning.

20. Hy het my ook uitgebring in ’n ruim plek in, Hy het my gered omdat Hy behae in my gehad het.

21. יהוה het my beloon volgens my onpartydige opregtheid; volgens die reinheid van my hande het Hy my vergoed,

22. want ek het al die lewenswyses van יהוה gehou en nie boos opgetree teenoor my God nie,

23. want al Sy instellings was voor my en van Sy voorskrifte het ek nie afgewyk nie.

24. Ek was ook skuldloos teenoor Hom en ek het myself weerhou van oortreding van die wet;

25. daarom het יהוה my vergoed volgens my onpartydige opregtheid, volgens my reinheid voor Sy oë.

26. By die wat omgee, wys U Uself as een wat omgee, by die skuldlose wys U Uself skuldloos,

27. by die reine, wys U Uself rein en by die perverse, wys U Uself uitgeslape.

28. U verlos ’n verdrukte volk, maar U oë is op die hoogmoediges; U verneder hulle,

29. want U is my Lamp, o יהוה en יהוה verlig my duisternis,

30. want met U loop ek ’n bende storm, met die hulp van my God kan ek oor ’n muur spring.

31. Wat God betref, Sy pad is volmaak; die woord van יהוה is getoets; Hy is ’n Skild vir almal wat by Hom skuil,

32. want wie is God buiten יהוה en wie is ’n Rots buiten ons God?

33. God is my sterk Vesting en Hy plaas die skuldlose op Sy pad.

34. Hy maak my voete soos dié van hertooie, en laat my staan op my hoë plekke.

35. Hy oefen my hande vir die geveg sodat my arms ’n koper boog kan span.

36. U het ook vir my die skild van U verlossing gegee en U hulp maak my groot.

37. U vergroot my treë onder my en my voete het nie gegly nie.

38. Ek het my vyande agtervolg en hulle vernietig en ek het nie teruggedraai voordat hulle verteer is nie.

39. Ek het hulle verteer en hulle verbrysel sodat hulle nie opstaan nie en hulle het onder my voete geval,

40. want U het my met krag omgord vir die geveg, U het hulle wat teen my opstaan aan my onderwerp.

41. U het ook my vyande hulle rug na my laat draai en ek het dié vernietig wat my haat.

42. Hulle het gekyk, maar daar was niemand om te red nie; selfs na יהוה, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43. Toe het ek hulle gemaal soos die stof van die aarde, ek het hulle fyn gebreek en vertrap soos die vuilgoed van die strate.

44. U het my ook bevry van die twiste van my mense; U het my bewaar as hoof van die nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, dien my.

45. Uitlanders maak asof hulle my gehoorsaam sodra hulle hoor, gehoorsaam hulle my.

46. Uitlanders verloor moed en kom bewend uit hulle vestings uit.

47. יהוה leef! Geseënd is my Rots. Laat God verhewe wees, die Rots van my verlossing;

48. die God wat die wraak vir my uitoefen en volke onder my onderwerp,

49. wat my ook uitbring onder my vyande; U lig my selfs op bo dié wat teen my opstaan; U red my van die man van geweld;Ps 18:50; Rom 15:9

50. daarom sal ek aan U, o יהוה, dank bring tussen die nasies en ek sal lofprysing sing tot U Naam (Karakter en Outoriteit);

51. Hy is ’n toring van bevryding vir Sy koning en wys sagte omgee aan Sy gesalfde, aan Dawid en sy nageslag vir ewig.”