hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Net toe Dawid ’n entjie verby die kruin is, let op, ontmoet Tziva, M’fivoshet se dienskneg, hom met ’n paar opgesaalde donkies en op hulle twee honderd brode, ’n honderd rosynekoeke, honderd somervrugte en ’n houer wyn.

2. Die koning het vir Tziva gevra: “Waarvoor het jy hierdie?” Tziva antwoord: “Die donkies is vir die huishouding van die koning om op te ry en die brood en die somervrugte vir die jongmanne om te eet en die wyn vir wie ook al swak is in die wildernis, om te drink.”

3. Toe vra die koning: “Waar is die seun van jou meester?” Tziva sê vir die koning: “Let op, hy bly in Yerushalayim, want hy dink: ‘Vandag sal die huis van Yisra’el my vader se koningskap aan my teruggee.’”

4. Die koning sê toe vir Tziva: “Let op, alles wat aan M’fivoshet behoort, is joune.” Tziva het gesê: “Ek buig my neer! Mag ek guns vind in u oë, my meester die koning!”

5. Toe koning Dawid by Bagurim kom, let op, kom daar ’n man van die familie van die huis van Sha’ul, wie se naam Shim’i was, die seun van Gera; hy het uitgekom en aanhoudend gevloek soos hy uitkom.

6. Hy het klippe na Dawid en al die diensknegte van koning Dawid gegooi en al die mense en al die magtige manne was aan sy regter- en aan sy linkerkant.

7. Dit het Shim’i gesê terwyl hy gevloek het: “Gaan uit, gaan uit, jou bloedvergieter en jou deugniet!

8. יהוה het al die bloedvergieting van die huis van Sha’ul, in wie se plek jy geheers het, op jou laat terugkom en יהוה het die koninkryk in die hand van jou seun Avshalom gegee en let op, jy is vas in jou eie boosheid, want jy is ’n man van bloedvergieting.

9. Toe sê Avishai, die seun van Tz’ruyah, vir die koning: “Hoekom moet hierdie dooie hond my meester die koning vloek? Laat my nou oorstap en sy kop afsny!”

10. Die koning sê egter: “Wat het ek met julle te doen, seuns van Tz’ruyah? As hy vloek en as יהוה vir hom gesê het: ‘Vloek vir Dawid,’ wie mag dan vra: ‘Hoekom maak jy so?’”

11. Toe het Dawid aan Avishai en aan al sy diensknegte gesê: “Let op, my seun wat van my uitgegaan het, soek my lewe; hoeveel te meer nou hierdie Binyaminiet? Laat hom staan en laat hom vloek, want יהוה het hom beveel.

12. Miskien sal יהוה my ellende sien en goed aan my teruggee in plaas van sy vloek vandag.

13. Dawid en sy manne het toe met die pad aangegaan en Shim’i het parallel, al langs hom, teen die kant van die berg geloop en vloek, klippe gegooi en stof na hom toe gegooi.

14. Die koning en al die mense wat by hom was, het moeg by die Yarden aangekom en hy het homself daar verfris.

15. Avshalom en al die manne, die manne van Yisra’el, het Yerushalayim binnegegaan en Agitofel was by hom.

16. Nou, dit het gebeur dat, toe Hushai die Arkiet, die vriend van Dawid, by Avshalom kom, Hushai vir Avshalom sê: “Die koning leef, die koning leef!”

17. Avshalom vra vir Hushai: “Is dit jou lojaliteit teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend gegaan nie?”

18. Toe sê Hushai vir Avshalom: “Nee, want wie יהוה, hierdie volk en al die manne van Yisra’el gekies het, syne sal ek wees en by hom sal ek bly.

19. In elk geval: wie sal ék dien? Moet ek nie dien in die teenwoordigheid van sy seun nie? Soos ek in u vader se teenwoordigheid gedien het, so sal ek in u teenwoordigheid wees.”

20. Toe sê Avshalom vir Agitofel: “Gee jou advies. Wat moet ons doen?”

21. Agitofel sê vir Avshalom: “Gaan in by u vader se byvroue, wat hy laat agter bly het om die huis te versorg; dan sal die hele Yisra’el hoor dat u uself gehaat gemaak het by u vader en die hande van almal wat by u is, sal ook versterk word.”2 Sh’m 12:11

22. Hulle het vir Avshalom ’n tent op die dak opgeslaan en Avshalom het voor die oë van die hele Yisra’el by die byvroue van sy vader ingegaan.

23. Die advies van Agitofel, wat hy in daardie dae gegee het, was asof ’n mens die woord van God geraadpleeg het; so was al die advies van Agitofel beskou deur beide Dawid en Avshalom.