Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 21:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die dae van Dawid was daar ’n hongersnood vir drie jaar lank; jaar ná jaar het Dawid die Teenwoordigheid van יהוה gesoek en יהוה het gesê: “Dit is vir Sha’ul en sy bebloede huis omdat hy die Giv’oniete doodgemaak het.”Y’ho 9

2. Die koning het die Giv’oniete geroep en met hulle gepraat. Die Giv’oniete was nie van die seuns van Yisra’el nie, maar van die oorblyfsel van die Emoriete en die seuns van Yisra’el het ’n verbond met hulle gesluit, maar Sha’ul het probeer om hulle dood te maak in sy ywer vir die seuns van Yisra’el en Y’hudah.

3. So het Dawid aan die Giv’oniete gesê: “Wat moet ek vir julle doen en waarmee moet ek toedekking doen dat julle die erfenis van יהוה kan seën?”

4. Toe sê die Giv’oniete vir hom: “Dit is nie silwer en goud wat die huis van Sha’ul ons skuld nie en dit is ook nie ons begeerte om enige iemand in Yisra’el dood te maak nie.” Hy sê: “Ek sal vir julle doen wat julle ook al sê?”

5. Hulle sê toe vir die koning: “Die man wat ons verteer het en beplan het om ons uit te wis binne enige grense van Yisra’el,

6. laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word en ons sal hulle voor יהוה hang in Giv’ah van Sha’ul, die gekose van יהוה!” Die koning het gesê: “Ek sal gee.”

7. Die koning het egter vir M’fivoshet, die seun van Y’honatan, die seun van Sha’ul, gespaar vanweë die eed van יהוה wat tussen hulle was, tussen Dawid en Y’honatan, die seun van Sha’ul.

8. Die koning vat toe die twee seuns van Ritzpah, die dogter van Ayah, Armoni en M’fivoshet, wat vir Sha’ul gebore is en die vyf seuns van Merav, die dogter van Sha’ul, wat vir Adri’el, die seun van Barzillai, die Megolatiet, gebore is

9. en hy het hulle oorgegee in die hand van die Giv’oniete en hulle het hul opgehang in die berg voor die Teenwoordigheid van יהוה sodat al sewe saam geval het en hulle is gedood tydens die eerste dae van die oes, in die eerste dae van die gars oes.

10. Ritzpah, die dogter van Ayah, het ’n sak gevat en dit vir haarself uitgesprei op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel daarop gereën het en sy het nie die voëls van die hemel oordag en ook nie die diere van die veld in die nag toegelaat om op hulle te sit nie.

11. Toe aan Dawid vertel is wat Ritzpah, die dogter van Ayah, die byvrou van Sha’ul, gedoen het,

12. het Dawid gegaan en die bene van Sha’ul en die bene van sy seun Y’honatan van die manne van Javesh-Gil’ad gaan haal, wat dit van die oop plein van Beit-Shan gesteel het, waar die F’lishtyne hulle opgehang het op die dag toe die F’lishtyne Sha’ul op Gilboa verslaan het.

13. Hy het die bene van Sha’ul en die bene van sy seun Y’honatan daarvandaan gebring en hulle het die bene van dié wat opgehang is, bymekaargemaak.

14. Hulle het die bene van Sha’ul en sy seun Y’honatan in die land van Binyamin, in Tzela, in die graf van sy vader Kish begrawe; so het hulle alles gedoen wat die koning beveel het en daarna is God deur gebed beweeg vir die land.

15. Toe die F’lishtyne weer in oorlog was met Yisra’el, het Dawid afgegaan en sy diensknegte saam met hom en terwyl hulle teen die F’lishtyne geveg het, het Dawid moeg geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 21