hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het weer langs die meer begin leer en ’n groot menigte mense het by Hom bymekaargekom sodat Hyself in ’n boot op die meer gaan sit het en al die mense het op die strand gestaan.

2. Hy het hulle baie deur vergelykende stories geleer en vir hulle in Sy leringe gesê:

3. “Luister en doen: ’n saaier het uitgegaan om te saai

4. en terwyl hy saai, het sommige langs die pad geval en ’n voël het gekom en dit geëet,

5. maar ander saad het op die rots geval waar nie baie grond was nie en dit het vinnig ontkiem omdat dit geen diep grond gehad het nie,

6. maar toe die son opkom, is dit verskroei en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit opgedroog.

7. Ander het tussen die dorings geval en die dorings het opgekom en dit versmoor en dit het geen vrug gedra nie.

8. Ander het in die goeie grond geval en dit het opgekom en gegroei en vrug gedra: een dertig-, een sestig- en een honderdvoudig.”

9. Hy sê vir hulle: “Wie ore het wat hoor, laat hom luister.”

10. Toe Hy egter alleen was, het die wat saam met die twaalf, naby Hom was, Hom aangaande die vergelykende storie gevra

11. en Yeshua sê vir hulle: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die Koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, is alles in vergelykende storiesYes 6:9-10 herhaaldelik kyk en nie sien nie en herhaaldelik hoor en nie verstaan nie sodat hulle nie dalk omdraai na God toe en die sondes hulle vergewe word nie.”

12. sodat hulle

13. Hy sê vir hulle: “Verstaan julle nie hiérdie vergelykende storie nie en hoe sal julle dan enige vergelykende storie kan verstaan?

14. Die saaier wat saai, saai die boodskap

15. en hulle wat langs die pad is, is dié waar die boodskap gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die teëstander dadelik en neem die boodskap weg wat in hulle verstand gesaai is.

16. Die wat op rotsagtige plekke gesaai word, is hulle wat, as hulle die boodskap hoor, dit dadelik met vreugde aanneem,

17. maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd en wanneer daar druk of vervolging kom ter wille van die boodskap, gee hulle aanstoot.

18. Die wat tussen die dorings gesaai word; dit is húlle wat die boodskap hoor

19. en die belange van hierdie wêreld, die misleiding van rykdom en al die ander begeertes wat inkom, versmoor die boodskap en dit word onvrugbaar.

20. Húlle wat op die goeie grond gesaai is, is húlle wat die boodskap hoor, aanvaar en vrugte dra: een dertig-, een sestig- en een honderdvoudig.”

21. Hy sê vir hulle: “Iemand bring nie ’n lamp om dit onder die maatemmer of onder die bed te sit nie. Moet dit nie op die lampstaander gesit word nie?

22. Daar is niks weggesteek wat nie openbaar sal word nie en daar is niks geheim wat nie uitgevind sal word nie.

23. As iemand ore het sodat hy kan hoor, laat hom luister.”

24. Hy het ook vir hulle gesê: “Oorweeg dit wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal bygevoeg word, vir julle wat hoor,

25. want wie het, vir hom sal gegee word en wie nie het nie, van hom sal weggevat word, ook wat hy het.”

26. Hy het ook gesê: “Die Koninkryk van God is net soos ’n mens wat saad oor die grond gooi

27. en hy gaan slaap en staan op, nag en dag en die saad ontkiem en word groot, wanneer hy nie bewus is daarvan nie.

28. Vanself bring die aarde vrug voort, eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar,

29. maar wanneer die vrug gereed is, steek hy die sekel dadelik in omdat die oes daar is.”

30. Hy het ook gesê: “Waarmee kan ons die Koninkryk van God vergelyk? Met watter soort vergelykende storie moet ons dit voorstel?

31. Dit is soos ’n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die graansaad op die aarde

32. en wanneer dit gesaai is, groei dit en word groter as al die kruie en vorm groot takke sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.”

33. Yeshua het met vergelykende stories soos hierdie met hulle gepraat, volgens wat hulle kon verstaan

34. en sonder vergelykende stories het Hy nie met hulle gepraat nie, maar afsonderlik het Hy alles vir Sy studentevolgelinge verduidelik.

35. Op daardie dag, toe dit aand geword het, het Hy vir hulle gesê: “Laat ons oorvaar na die ander kant toe.”

36. Hulle het die skare verlaat en Hom, in die boot waarin Hy was, gevat en daar was ander bote saam met hulle.

37. Daar was ’n groot storm en die golwe en wind het in die boot in geslaan en dit was naby aan vol.

38. Yeshua was agter in die skuit aan die slaap op ’n kussing en hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: “Ons Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”Yes 51:15

39. Hy het opgestaan, die wind bestraf en vir die see gesê: “Wees stil!” Die wind het gaan lê en daar het ’n groot kalmte gekom.

40. Hy sê vir hulle: “Waarom is julle so vreesagtig? Waarom is daar nie vertroue in julle nie?”

41. Hulle was bang, met ’n groot vrees en het vir mekaar gevra: “Wie is Hy, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”