hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Terwyl Hy uit die tempel uitgaan, sê een van Sy studentevolgelinge vir Hom: “Leermeester, let op, kyk watter klippe en watter argitektuur!”

2. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Kyk jy na hierdie groot strukture? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelos word wat nie afgebreek sal word nie!”

3. Toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, regoor die tempel, het Kefa, Ya’akov, Yoganan en Andreas privaat vir Hom gevra:

4. “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat is die teken wanneer al hierdie dinge nader kom om vervul te word?”

5. Yeshua begin om vir hulle te sê: “Pas op dat niemand julle laat afdwaal nie,

6. want baie sal in My Naam (Karakter en Outoriteit) kom en sê: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees’ en hulle sal baie mislei,

7. maar wanneer julle hoor van oorloë en verslae van gevegte, moenie bang wees nie, want dit sal gebeur, maar dit is nog nie die einde nie,

8. want volksgroep sal teen volksgroep opstaan en koninkryk teen koninkryk; daar sal aardbewings wees op verskillende plekke en daar sal hongersnode wees en oproere. Hierdie dinge is die begin van die geboortepyne.

9. Wees versigtig vir julleself, want hulle sal julle oorlewer aan die regters en in plekke van bymekaarkoms sal julle geslaan word en gebring word om voor heersers en konings te staan ter wille van My, tot ’n getuienis vir hulle.

10. Die goeie boodskap moet eers aan al die volksgroepe verkondig word

11. en wanneer hulle julle wegvat om julle oor te lewer, moenie julle vooraf bekommer oor wat julle sal sê of daaroor dink nie, behalwe wat julle in daardie uur gegee word, dit moet julle sê, want dit is nie julle wat praat nie, maar die Gees van Afsondering.

12. Broer sal broer tot die dood oorlewer; die vader sy kind en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak

13. en julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Outoriteit en Karakter, maar wie uithou tot die einde toe, hy sal gered word.Dan 9:27; Dan 11:31 sien staan in die plek waar hy nie mag nie, moet die leser verstaan, dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge

14. Wanneer julle dan die teken van die verwerplikheid van afgodery, waarvan gepraat is deur die profeet Dani’el,

15. en wie ook al op die dak is, moenie afkom en ingaan om iets uit sy huis weg te vat nie

16. en wie ook al op die land is, moenie omdraai na wat agter is om sy klere op te tel nie,

17. maar wee haar wat verwagtend is en die wat nog voed, in daardie dae.

18. Bid egter dat julle vlug nie in die winter sal wees nie,Yo’ 2:2; Dan 12:1 en daar ook nooit sal wees nie.

19. want in daardie dae sal daar moeilikhede wees soos daar nie was van die begin van die skepping wat God geskape het tot nou toe nie

20. As יהוה dié dae nie verkort het nie, sou niemand geleef het nie, maar ter wille van die wat gekies is, wat Hy gekies het, het Hy die dae verkort.

21. Wanneer iemand vir julle sê: ‘Let op, hier is Die Gesalfde Een!’ en: ‘Let op, daar gaan Hy!’ moet dit nie glo nie,

22. want daar sal vals gesalfdes en profete, wat lieg, opstaan en hulle sal tekens en wonders doen en, as dit moontlik was, selfs ook die wat gekies is, mislei,

23. maar julle moet daarop let. Let op, Ek het vooruit gegaan en julle alles vertel,

24. maar in daardie dae, ná dié moeilikhede, sal die son donker word en die maan sal nie sy lig gee nieYes 13:10; Yeg 32:7; Yo’el 2:10; Yo’el 3:15; Hag 2:6,21 die kragte van die hemele sal geskud word.Mat 24:29; Luk 21:26; Heb 12:26

25. en die sterre sal uit die hemele val enDan 7:13-14

26. Dan sal hulle die Seun van die mens sien wanneer Hy kom op die wolke met groot krag en met lof, eer en grootheid.

27. Dan sal Hy Sy engele uitstuur en die wat Hy gekies het uit die vier windstreke bymekaarmaak, van die begin van die aarde af tot by die begin van die hemel.

28. Leer uit die allegorie van die vyeboom: wanneer sy tak sag word en sy blare uitspruit, weet julle dat die somer hier is

29. en net so weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.

30. Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie geslag sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge nie gebeur het nie.

31. Die hemele en die aarde sal verbygaan, maar My boodskap sal nooit verbygaan nie,

32. maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, selfs nie die engele in die hemel of die Seun nie, behalwe net die Vader.

33. Wees versigtig, wees waaksaam en bid, want julle weet nie wanneer dit tyd is nie.

34. Dit is soos ’n man wat na die buiteland reis, wat sy huis agtergelaat en vir sy slawe outoriteit gegee het, vir elkeen sy werk en aan die deurwagter opdrag gegee het om waaksaam te wees.

35. Wees dan waaksaam, want julle weet nie wanneer die meester van die huis kom nie: in die laat middag of middernag of met die kraai van die haan of vroeg in die oggend nie

36. sodat hy nie miskien in die stilte kom en julle aan die slaap kry nie.

37. Wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Wees waaksaam!”