hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Festos in Kaisareia aangekom het, het hy na drie dae opgegaan na Yerushalayim.

2. Die leierpriesters en die leiers van die Jode het hom oor Sha’ul ingelig en hom,

3. as ’n guns, gevra om hom na Yerushalayim te bring, (terwyl hulle ’n hinderlaag beplan om hom op die pad dood te maak).

4. Daarop het Festos geantwoord dat Sha’ul in Kaisareia bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou gaan.

5. “Laat dan dié onder julle,” sê hy, “wat bevoeg is, saamgaan en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.”

6. Nadat hy agt of tien dae onder hulle gebly het, het hy na Kaisareia afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Sha’ul gebring moes word.

7. Toe hy kom, het die Jode wat vanaf Yerushalayim gekom het, rondom hom gestaan en baie en ernstige beskuldigings teen Sha’ul gemaak, wat hulle nie kon bewys nie.

8. Tot sy verdediging het Sha’ul gesê: “Ek het geen oortreding teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser begaan nie.”

9. Omdat Festos aan die Jode ’n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Sha’ul gesê: “Wil jy na Yerushalayim opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?”

10. Toe sê Sha’ul: “Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Teen die Jode het ek nie gesondig nie, soos u ook weet,

11. want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterf nie, maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle, by wyse van guns, oorlewer nie. Ek appelleer tot die keiser!”

12. Toe antwoord Festos, nadat hy met die Raad gepraat het: “Na die keiser het jy appelleer; na die keiser sal jy gaan!”

13. Ná verloop van ’n paar dae het koning Agrippus en Bernike in Kaisareia aangekom om na Festos se welstand te vra.

14. Toe hulle verskeie dae daar deurgebring het, het Festos die saak van Sha’ul aan die koning voorgelê en gesê: “Hier is ’n man, deur Felix as gevangene agtergelaat,

15. teen wie die leierpriesters en die oudstes van die Jode, toe ek in Yerushalayim was, ’n oordeel gevra het

16. en ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens aan die dood prys te gee, voordat die beskuldigde die aanklaers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldigings gekry het nie.

17. Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man te bring.

18. Sy aanklaers het teen hom gestaan en kon geen bose beskuldiging teen hom bewys soos ek verwag het nie,

19. maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor ’n sekere Yeshua wat dood is, van wie Sha’ul verklaar het dat Hy lewe.

20. Omdat ek nie geweet het wat om te doen nie, het ek gevra of hy na Yerushalayim wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan,

21. maar hy het geappelleer om in bewaring te bly vir ’n keiserlike verhoor en ek het beveel dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.”

22. Agrippus sê vir Festos: “Ek sou self ook graag die man wil hoor.” Toe antwoord hy: “Môre sal u hom hoor.”

23. Die volgende dag het Agrippus en Bernike toe met groot vertoon in die gehoorsaal ingekom saam met die bevelvoerders oor ’n duisend en die leiers van die stad. Op bevel van Festos is Sha’ul ingebring.

24. Toe sê Festos: “Koning Agrippus en al die manne wat hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie al die Jode in Yerushalayim en ook hier met my gepraat het en uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie,

25. maar omdat ek gevind het dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie en hy self ook na die keiser appelleer het, het ek besluit om hom te stuur,

26. maar ek kan niks beslis oor hom aan die keiser skryf nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agrippus sodat ek ná die ondersoek sal weet wat ek moet skryf,

27. want dit is nie reg om ’n gevangene te stuur en nie die beskuldigings teen hom te skryf nie.”