hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar aangekom, het hulle in die bymekaarkomplek van die Jode ingegaan en so gepraat dat baie Jode, sowel as Grieke, vertrou het,

2. maar die ongelowige Jode het die manne van ander nasies teen die broers opgestook om hulle kwaad aan te doen.

3. Hulle het ’n lang tyd daar gebly en vrymoediglik in die openbaar aangaande יהוה gepraat en Hy het, deur tekens en wonders deur hulle hande te doen, getuienis gegee aangaande die boodskap van Sy onverdiende guns.

4. Die mense van die stad was egter verdeeld; sommige saam met die Jode en ander saam met die afgevaardigdes.

5. Daar was egter ’n besluit van húlle van die ander nasies en ook die Jode, saam met hulle leiers, om hulle aan te val en met klippe te stenig.

6. Toe hulle dit te wete kom het hulle na die stede van Lukaonia: Lustra, Derbe en die dorpies rondom, gevlug.

7. Daar het hulle die goeie boodskap verkondig.

8. In Lustra het daar ’n sekere man gesit wat nie sy voete kon gebruik nie. Kreupel, van geboorte af het hy nog nooit geloop nie.

9. Hy het geluister terwyl Sha’ul praat en Sha’ul het hom stip dopgehou en, toe hy sien dat hy die vertroue het om lewe te ontvang,

10. met ’n harde stem vir hom gesê: “Vir jou sê ek in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, staan regop op jou voete!” Hy het opgespring en rondgeloop,

11. maar toe die mense sien wat Sha’ul gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in die taal van die land: “Die gode het soos mense geword en afgekom na ons toe.”

12. Hulle het vir Bar-Nabba, meester van die gode (Zeus, Júpiter) genoem en vir Sha’ul, Hermes (Mercurius) omdat hy die boodskapper was.

13. Die priester van ‘die meester van die gode,’ wie se tempel buite hulle stad was, het bulle en sierkranse na die poorte gebring en wou ’n offer aan hulle bring,

14. maar toe die afgevaardigdes, Bar-Nabba en Sha’ul, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die mense ingehardloop, uitgeroepPs 146:6

15. en gesê: “Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense wat kan ly soos julle en ons verkondig die goeie boodskap dat julle jul van hierdie nuttelose dinge moet wegdraai na die Lewende God, wat die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak het.

16. Hy het in die geslagte wat verby is, toegelaat dat al die nasies op hulle eie paaie loop,

17. terwyl Hy Homself nie sonder getuienis gelaat het nie, deur baie te doen: van die hemel af vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons verstand, wil en emosie te vul met vreugde en vrolikheid.”

18. Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die mense verhinder om aan hulle te offer,

19. maar daar het Jode vanaf Antiogeia en Ikonion gekom en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Sha’ul gestenig en hom buite die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood is.

20. Toe die studentevolgelinge egter rondom hom kom staan, het hy opgestaan en in die stad ingegaan en die volgende dag saam met Bar-Nabba na Derbe vertrek.

21. Terwyl Sha’ul-hulle die goeie nuus verkondig het aan die mense in daardie stad, het hulle baie studentevolgelinge geleer en hulle het teruggegaan na Lustra, Ikonion en Antiogeia,

22. die gees van die studentevolgelinge daar versterk en hulle opgeroep om te volhard in vertroue deur te sê: “Dit is nodig om deur baie vervolging in die Koninkryk van God in te gaan.”

23. Hulle het in elke gemeente vir hulle oudstes gekies terwyl hulle saam met hulle gebid en gevas het en hulle opgedra het aan ons Meester in Wie hulle vertrou het.

24. Toe gaan hulle deur die land Pisidia en kom in Pamfulia

25. en nadat hulle die boodskap van יהוה in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attaleia

26. en daarvandaan het hulle gevaar na Antiogeia, waar hulle aan die onverdiende guns van יהוה opgedra is vir die werk wat hulle voltooi het.

27. Toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God deur hulle gedoen het en dat Hy ’n deur van vertroue vir die ander nasies oopgemaak het.

28. Hulle het ’n lang tyd daar by die studentevolgelinge gebly.