hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 1 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die eerste boek, O Theofilos, het ek geskryf oor alles wat Yeshua, Die Gesalfde Een, begin doen en leer het

2. tot op die dag dat Hy na bo geneem is nadat Hy vir die afgevaardigdes, wat Hy deur die Gees van Afsondering gekies het, opdragte gegee het;

3. hulle aan wie Hy, ná Sy lyding, Homself lewend gewys het deur baie bewyse terwyl Hy tydens veertig dae aan hulle verskyn en oor die Koninkryk van God gepraat het.Luk 24:49 “Te wag op die belofte van die Vader, wat julle van My gehoor het,

4. Terwyl Hy saam met hulle brood geëet het, het Hy hulle beveel om nie van Yerushalayim af weg te gaan nie, maar om:Luk 3:16

5. want Yoganan het met water gedoop, maar julle sal, nie baie dae hierna nie, met die Gees van Afsondering gedoop word.”Yes 9:6-7

6. Toe hulle saam met Hom was, vra hulle vir Hom en sê: “Ons Meester, gaan U in hierdie tyd die koninkryk van Yisra’el herstel?”Deut 29:29

7. Hy antwoord hulle: “Dit is nie vir julle om die vasgestelde tye te ken wat die Vader deur Sy eie Outoriteit bepaal het nie,

8. maar wanneer die Gees van Afsondering oor julle kom sal julle krag ontvang en julle sal My getuies wees in Yerushalayim en in die hele Y’hudah en ook in Shomron en tot by die grense van die aarde.”

9. Nadat Hy hierdie dinge gesê het, het hulle gesien hoe Hy opgelig word in ’n wolk in en Hy was verberg vir hulle oë.

10. Terwyl hulle nog na die hemel kyk waarheen Hy weggaan, staan daar twee mans in wit klere langs hulle,Z’kh 14:3-5; Dan 7:13

11. wat vir hulle sê: “Manne van die Galil, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Yeshua wat van julle af opgevat is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien weggaan het.”

12. Na dit gaan hulle af van die berg af wat Beit-Tzeitha genoem word, wat omtrent drie kilometer vanaf Yerushalayim is, terug na Yerushalayim

13. en toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar Kefa, Ya’akov, Yoganan, Andréas, Filippos en T’oma, Bar-Talmai en Mattityahu, Ya’akov, die seun van (Bar)-Halfai, Shim’on die Yweraar en Y’hudah, die seun van Ya’akov, gebly het.

14. Hulle het almal as een volhard in gebed, in een gees saam met die vroue en met Miryam, die moeder van Yeshua en saam met Sy broers.

15. In daardie dae het Kefa tussen die studentevolgelinge, (dié wat bymekaar was, was omtrent honderd en twintig manne), opgestaan en gesê:

16. “Broers, dit was reg dat die Skrif vervul moes word wat die Gees van Afsondering vooruit deur die mond van Dawid gesê het aangaande Y’hudah; hy wat die gids was vir húlle wat Yeshua gevang het,

17. want hy is saam met ons getal gereken en het ’n deel van hierdie dienswerk gekry.

18. Dit is hy wat vir hom ’n stuk grond met die loon van sonde gekoop het en vooroor op die grond geval, oopgebars en al sy ingewande uitgeval het

19. en dit het bekend geword aan al die inwoners van Yerushalayim sodat daardie stuk grond in die taal van die streek Gakal-D’ma genoem is, dit is ‘Bloedgrond,’Ps 69:26 en ’n ander een sal sy dienswerk oorvat.’Ps 109:8

20. want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: ‘Laat sy woonplek verlate wees en laat daar niemand in woon nie!

21. Dit is daarom reg dat een vanuit die manne wat al die tyd, waarin ons Meester Yeshua by ons in en uitgegaan het, saam met ons was,

22. van die doop van Yoganan af tot op die dag dat Hy van ons af opgeneem is, saam met ons getuie sal wees van Sy opstanding.”

23. Hulle het twee voorgestel: Yosef, die seun van Sabba, wat genoem word Youstos en Mattityahu

24. en toe hulle gebid het, het hulle gesê: “U, יהוה, weet wat is in die gedagtes, wil en emosie van almal, wys uit hierdie twee, die een aan wat U gekies het

25. om deel aan hierdie dienswerk en die pos as afgevaardigde te kry, waarvan Y’hudah afgewyk het om na sy eie plek te gaan.”

26. Hulle het die lot gegooi en die lot het op Mattityahu geval en hy is gekies om afgevaardigde, saam met die elf, te wees.Eks 34:22; Lev 23:15; Deut 16:9-10 voltooid was, was hulle almal as een bymekaar