hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Broers en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!”

2. Toe hulle hoor dat hy met hulle in Aramees praat, was hulle nog stiller en hy sê:

3. “Ek is ’n Jood, gebore in Tarsus van Silicia, maar het groot geword in hierdie stad, opgevoed aan die voete van Gamali’el, streng volgens die wette (instruksies) van ons vaders. Ywerig vir God, net soos julle almal vandag is;

4. wat hierdie manier van lewe vervolg het tot die dood toe en manne, asook vroue, geboei en aan tronke oorgegee het,

5. soos ook die hoofpriester en die hele raad van oudstes my getuies is, van wie ek ook briewe aan die broers in Dammesek ontvang het sodat ek ook daar, dié wat daar was, geboeid na Yerushalayim kon bring sodat hulle met die dood gestraf kon word.

6. Terwyl ek op pad was naby Dammesek, het daar op die middaguur skielik ’n helder lig uit die hemel om my geskyn

7. en ek het op die grond geval en ’n stem vir my hoor sê: ‘Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My?’

8. Ek het geantwoord en gesê: ‘Wie is U, my Meester?’ Hy het vir my gesê: ‘Ek is Yeshua, van Natzeret, wat jy vervolg.’

9. Die manne wat saam met my was, het die helder lig gesien, maar die stem van Hom wat met my gepraat het, nie gehoor nie.

10. Ek het gesê: ‘Wat moet ek doen, my Meester?’ Ons Meester het vir my gesê: ‘Staan op, gaan na Dammesek en daar sal vir jou gesê word alles wat jou opdragte is om te doen.’

11. Toe ek weens die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van daardie Lig nie kon sien nie, is ek deur dié wat saam met my was by die hand gelei en het in Dammesek gekom.

12. ’n Sekere Gananyah, ’n opregte en onpartydige man volgens die wet, wat ’n goeie getuienis gehad het by al die Jode wat daar bly,

13. het na my toe gekom en vir my gesê: ‘Sha’ul, broer, maak oop jou oë!’ Op dieselfde oomblik is my oë oopgemaak en ek het gesien.Eks 3:15 het jou gekies om Sy wil te ken en die Onskuldige EenYes 53:11 te sien en die stem uit Sy mond te hoor

14. Toe het hy gesê: ‘Die God van ons vaders

15. en jy sal by al die mense vir Hom ’n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.

16. Nou, waarom wag jy? Staan op, word gedoop en wees gereinig van jou sondes terwyl jy jou op Sy Outoriteit en Karakter beroep.’

17. Ek het teruggekom na Yerushalayim en het in die tempel gebid

18. en ek het Hom in ’n visioen gesien en Hy het vir my gesê: ‘Maak gou en gaan haastig uit Yerushalayim uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanvaar nie.’

19. Ek het gesê: ‘My Meester, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U vertrou, in die tronk te gooi en in die vergaderplekke te slaan

20. en toe die bloed van Stefanos, U getuie, vergiet is, het ek ook self bygestaan en sy moord goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.’

21. Hy het vir my gesê: ‘Gaan, want Ek stuur jou ver weg na die ander nasies’.”

22. Tot hiertoe het hulle na hom geluister; toe lig hulle hul stemme en sê: “Weg van die aarde af met so ’n mens, want dit is nie reg vir hom om te lewe nie!”

23. Hulle het geskree, hulle klere rondgewaai en stof deur die lug gegooi.

24. Die bevelvoerder oor ’n duisend beveel toe dat hy in die kamp ingebring moes word en het gesê dat hulle hom met sweepslae moes ondersoek sodat hy kon uitvind om watter rede hulle so teen hom skree,

25. maar terwyl hulle hom met die bande uitrek, sê Sha’ul vir die kaptein oor honderd wat daar staan: “Is dit wettig om ’n Romeinse burger, dit sonder ’n hofsaak, met ’n sweep te slaan?”

26. Toe die kaptein oor honderd dit hoor, gaan vertel hy dit vir die bevelvoerder oor ’n duisend en sê: “Wat doen u, want hierdie man is ’n Romein?”

27. Die bevelvoerder oor ’n duisend het na hom toe gekom en gevra: “Sê vir my of jy ’n Romein is?” Hy antwoord: “Ja.”

28. Toe sê die owerste oor ’n duisend: “Ek het hierdie burgerskap vir ’n groot bedrag bekom!” Sha’ul sê vir hom: “Ek is dit egter deur geboorte.”

29. Die wat hom sou ondersoek, het hom dadelik losgemaak en die bevelvoerder oor ’n duisend was ook bang omdat hy nou geweet het dat hy ’n Romein was en hy hom vasgebind het.

30. Die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig is en hy het hom van sy boeie losgemaak en beveel dat die leierpriesters en hulle hele raad moes vergader en hy het Sha’ul afgebring en voor hulle laat staan.