Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 10:2-13 Die Boodskap (DB)

2. Daar het toe ’n vuur van die Here self af gekom en hulle daar voor die Here doodgebrand.

3. Moses sê toe vir Aäron: “Dit is wat die Here bedoel het toe Hy gesê het: Hulle wat vir My offer, moet onthou hoe geweldig groot Ek is. Die hele volk moet My met groot respek behandel.” Aäron het nie daarop geantwoord nie.

4. Moses het toe vir Misael en Elisafan, die twee seuns van Aäron se oom Ussiël, laat kom. Hy het vir hulle gesê: “Gaan haal julle neefs se lyke daar by die tent en vat dit weg na ’n plek buite die kamp.”

5. Hulle het toe gegaan en die mans se lyke wat nog in hulle spesiale klere vir hulle dienswerk was, uit die kamp uit weggevat soos Moses gevra het hulle moet doen.

6. Moses het toe vir Aäron en sy twee seuns Eleasar en Itamar gesê: “Julle moenie treur en julle hare los laat hang en julle klere skeur nie. Julle is aan die Here se diens toegewy en Hy kan julle ook laat doodgaan as julle so maak. Hy kan selfs in woede uitbars oor almal in die kamp. Al die ander Israeliete moet egter treur oor die vuur wat die Here laat losbreek het.

7. Julle mag ook nie weggaan van die ingang van die tent van ontmoeting af nie, want julle sal miskien doodgaan. Julle is tog die Here se dienaars wat vir Hom afgesonder is.” Hulle het toe gemaak soos Moses gesê het.

8. Die Here het vir Aäron beveel:

9. “Nie jy en ook nie jou seuns mag enige wyn of ander sterk drank drink wanneer julle in die tent van die Here moet gaan werk nie, want dan sal julle sterf. Dit is ’n reël wat nooit verander kan word nie.

10. Julle moet onderskei tussen die dinge wat vir die Here afgesonder is en die dinge wat net gewoon vir alledaagse gebruik is. Daar is dinge en gewoontes wat nie vir die Here aanvaarbaar is nie en ander dinge wat reg is en daarvan getuig dat julle aan die Here behoort.

11. Julle moet die Israeliete leer om alles te doen wat die Here deur Moses vir julle gesê het om te doen.”

12. Moses het vir Aäron en sy twee seuns wat nog oor was, Eleasar en Itamar, gesê: “Nadat julle die offer wat met vuur verbrand word, vir die Here gebring het, mag julle die deel van die offer uit die graan wat nie verbrand is nie, vir julleself vat om te eet. Julle moet dit sonder enige suurdeeg net daar by die altaar eet. Dit word heeltemal eenkant gehou vir die diens van die Here en vir sy dienaars wat by die tent die offer bring.

13. Julle moet dit ook net eet in ’n plek wat daarvoor eenkant gesit is. Dit is jou en jou seuns se besondere deel van die offers wat vir die Here op die altaar gebring word. Dit is ook die opdrag wat die Here vir my gegee het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 10