Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 4:9-15 Die Boodskap (DB)

9. Die mans wat die offers bring, is maar net soos die volk. Hulle doen maar net soveel sonde. Ek sal hulle straf vir wat hulle doen. Hulle oortredings gaan op hulle eie kop terugkom.

10. Al eet hulle hulle knuppeldik aan die vleis wat geoffer word, sal hulle nooit genoeg kry nie. Al slaap hulle by die vroue wat saam met hulle werk, sal hulle nooit kinders hê nie. Hulle het mos van die Here vergeet.

11. Om met slegte vroue deurmekaar te raak en jou aan wyn en drank oor te gee, veroorsaak dat ’n mens niks meer raaksien nie. Dit laat jou vergeet van die Here en wat jy vir Hom moet doen.”

12. “My volk verwag dat die stuk hout waarvan hulle ’n afgod gemaak het, vir hulle sal sê wat hulle moet doen. Hulle verwag dat ’n stok vir hulle die waarheid sal vertel. Hulle het losbandig geword. Hulle het soos ’n vrou geword wat agter mans aanloop. Hulle het die Here heeltemal vergeet.

13. Hulle bring offers bo-op die berge. Hulle verbrand hulle offers op die heuwels onder die digte skaduwee van al die groen bome. Julle dogters het prostitute geword wat by die offerplekke werk. Julle skoondogters het agter vreemde mans begin aanloop.

14. Ek sal nie julle dogters en skoondogters straf vir wat hulle doen nie, want hulle volg maar net die priesters se slegte voorbeeld. Die mans wat die offers bring, gaan slaap by die vroue wat saam met hulle werk. Hulle bring saam met die vroue offers vir die afgode. ’n Volk wat nie meer mooi dink wat hy doen nie, het homself verraai.

15. “Israel, as jy van die Here af wegdwaal, moet jy nie Juda saamsleep dat hy ook skuldig word nie. Juda, jy moenie agter Israel aanloop na Gilgal en Bet-Awen toe waar hulle hulle offers bring nie. Jy moenie ook daar beloftes gaan maak vir die Here nie.

Lees volledige hoofstuk Hosea 4