Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:59-60-69 Die Boodskap (DB)

59-60. Daar was mense wat saamgekom het wat nie kon sê aan watter familie hulle behoort het nie. Hulle het gekom van Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Hulle was op ’n manier familie van Delaja, Tobija en Nekoda. Daar was altesaam 652 van hulle.

61-62. Daar was priesters wat nie kon sê aan watter families hulle behoort het nie. Dit was die groepe van Gabaja, Kos en Barsillai (wat getroud was met ’n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is). Hulle is ook nie as priesters aanvaar nie.

63. Die goewerneur wat die provinsie vir die Perse bestuur het, het besluit dat hulle nie saam met die ander priesters van die offers mag eet nie. ’n Priester moes eers met die urim en tummim hulle lot bepaal. Hy moes kyk hoe die steentjies val om te weet wat God oor hulle besluit het.

64. Die groep wat teruggekeer het, was altesaam 42 366.

65. Daarby moet nog 7 337 manlike en vroulike slawe getel word wat saam met hulle gegaan het. In die groep was daar nog ’n verdere 200 sangers en sangeresse wat by die tempel kon werk.

66. Hulle het ook 736 perde, 245 muile,

67. 435 kamele en 6 720 donkies saam met hulle gebring.

68. Toe hulle by die bouvalle van die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het die leiers van die families uit hulle eie beursie geld gegee om die tempel te herbou.

69. Hulle het alles wat hulle gehad het vir die “herstelfonds” gegee. Dit was in totaal net meer as 500 kilogram goud, byna 3 000 kilogram silwer en 100 pakke klere vir die priesters.

Lees volledige hoofstuk Esra 2