hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10

Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2 Die Boodskap (DB)

Die families wat teruggekom het

1. Hier is nou ’n lys van die families wat teruggegaan het. Nebukadnesar was die koning van Babel. Hy het baie Judeërs gevange geneem en saamgevat na Babel toe. Van hulle het die mense hier onder teruggegaan na Jerusalem toe en na die provinsie Juda om te gaan bly waar hulle voorheen gewoon het.

2. Hulle het saam met Serubbabel, Jesua, Nehemia, Seraja, Reëlaja, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna teruggekeer. Die getalle van elke familie was soos volg:

3. Paros 2 170;

4. Sefatja 372;

5. Arag 775;

6. Pagat-Moab (afstammelinge van Jesua en Joab) 2 812;

7. Elam 1 254;

8. Sattu 945;

9. Sakkai 760;

10. Bani 642;

11. Bebai 623;

12. Asgad 3 240;

13. Adonikam 660;

14. Bigwai 2 056;

15. Adin 454;

16. Ater, uit die nageslag van Hiskia, 98;

17. Besai 323;

18. Jora 112;

19. Gasum 223 en

20. Gibbar 95.

Volgens die plekke waar

21. Uit Betlehem was daar 123;

22. uit Netofa 56;

23. uit Anatot 128;

24. uit Bet-Asmawet 42;

25. uit Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743;

26. uit Rama en Geba 621;

27. uit Mikmas 122;

28. uit Bet-El en Ai 223;

29. uit Nebo 52;

30. uit Magbis 156;

31. uit Elam 1 254;

32. uit Garim 320;

33. uit Lod, Gadid en Ono 725;

34. uit Jerigo 345 en

35. uit Senaä 3 630.

Priesterfamilies

36. Uit die priesters wat by God se huis werk wat teruggekom het, was daar: van Jedaja (uit die nageslag van Jesua) 973;

37. van Immer 1 052;

38. van Pasgur 1 247 en

39. van Garim 1 017.

Leviete, tempelwerkers en ander personeel

40. Uit die familie van Levi wat teruggekeer het, was daar van Jesua en Kadmiël (uit die nageslag van Hodaja) 74.

41. Sangers uit die Asaf-groep was 128.

42. Mense wat by die deure van die tempel gestaan het uit die families van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai was 138.

43. Dié wat by die tempel werk, was: Siga, Gasufa, Tabbaot,

44. Keros, Sia, Padon,

45. Lebana, Gagaba, Akkub,

46. Gagab, Salmai, Ganan,

47. Giddel, Gagar, Reaja,

48. Resin, Nekoda, Gassam,

49. Ussa, Paseag, Besai,

50. Asna, Meünim, Nefusim,

51. Bakbuk, Gakufa, Gargur,

52. Baslut, Megida, Garsa,

53. Barkos, Sisera, Temag,

54. Nesiag en Gatifa.

55. Uit die nageslag van mense wat vroeër vir Salomo gewerk het, was daar: Sotai, Soferet, Peruda,

56. Jala, Darkon, Giddel,

57. Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Ami.

58. Die mense wat by die tempel gehelp het en die nageslag van die mense wat in diens van Salomo was, was 392.

59-60. Daar was mense wat saamgekom het wat nie kon sê aan watter familie hulle behoort het nie. Hulle het gekom van Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Hulle was op ’n manier familie van Delaja, Tobija en Nekoda. Daar was altesaam 652 van hulle.

61-62. Daar was priesters wat nie kon sê aan watter families hulle behoort het nie. Dit was die groepe van Gabaja, Kos en Barsillai (wat getroud was met ’n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is). Hulle is ook nie as priesters aanvaar nie.

63. Die goewerneur wat die provinsie vir die Perse bestuur het, het besluit dat hulle nie saam met die ander priesters van die offers mag eet nie. ’n Priester moes eers met die urim en tummim hulle lot bepaal. Hy moes kyk hoe die steentjies val om te weet wat God oor hulle besluit het.

64. Die groep wat teruggekeer het, was altesaam 42 366.

65. Daarby moet nog 7 337 manlike en vroulike slawe getel word wat saam met hulle gegaan het. In die groep was daar nog ’n verdere 200 sangers en sangeresse wat by die tempel kon werk.

66. Hulle het ook 736 perde, 245 muile,

67. 435 kamele en 6 720 donkies saam met hulle gebring.

Terug in Juda

68. Toe hulle by die bouvalle van die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het die leiers van die families uit hulle eie beursie geld gegee om die tempel te herbou.

69. Hulle het alles wat hulle gehad het vir die “herstelfonds” gegee. Dit was in totaal net meer as 500 kilogram goud, byna 3 000 kilogram silwer en 100 pakke klere vir die priesters.

70. Die priesters, die Leviete, ’n deel van die volk en die sangers, die poortwagte en die tempelwerkers het in Jerusalem gaan bly. Die res van die Judeërs wat teruggekom het, het teruggegaan na die plekke waar hulle oorspronklik vandaan gekom het.