hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8 Bybel vir Almal (ABA)

Die wysheid help mense om reg te besluit

1. Die wysheid, die verstand, is soos ’n vrou.Sy praat hard, sodat almal haar kan hoor.

2. Sy gaan staan op die hoë plekkelangs die pad,by die plek waar die paaie bymekaarkom,

3. en ook langs die poortewaar ’n mens ingaan in die stad.Sy staan by die deure en sy skree:

4. “Mense, ek praat met julle.Mense, ek roep julle.

5. Julle wat baie min weet,julle moet leer wat julle moet doen,julle wat soos dwase is,julle moet verstandig word.

6. Julle moet luister, want ek wil belangrike dinge sê.Wanneer ek praat, dan sê ek dinge wat reg is.

7. Ja, ek sal die waarheid praat,ek haat verkeerde dinge.

8. Alles wat ek sê, is reg.Niks wat ek sê, is vals en verkeerd nie.

9. Mense wat wil leer en wil verstaan, sal weetdat al my woorde eerlik en reg is.

10. Julle moet doen wat ek vir julle sê,dit is beter as om silwer te hê.Om dinge te weet,is beter as om die beste goud te hê.

11. Ja, wysheid is beter as koraal,wysheid is beter as enige ietswat jy graag sal wil hê.

12. Ek is wysheid.Waar ek is,daar weet mense wat om te doen,ek weet wat mense moet leerom die regte dinge te kan doen.

13. Mense wat nie daarvan hou om ander mensete bedrieg nie,is mense wat die Here respekteer en Hom dien.Ek haat mense wat hoogmoedig en trots is,mense wat sleg lewe en vals iswanneer hulle praat.

14. Ek help mense om reg te besluiten om die regte wysheid te kry,ek maak mense slim en sterk.

15. Konings gebruik my wanneer hulle regeer,leiers gebruik my wanneer hulle moet sêwat reg is.

16. Amptenare, belangrike mense,almal wat reg moet oordeel, gebruik my.

17. Ek is lief vir mense wat lief is vir my,mense wat my soek, kry my.

18. Mense wat wysheid het, sal baie goed hê,en ander mense sal hulle respekteer.Hulle sal ryk wees,en dit sal goed gaan met hulle.

19. Ek gee vir mense dingewat beter is as goud,beter ook as goeie goud,beter as die beste silwer.

20. Waar ek gaan, daar lewe mense reg,en daar doen hulle reg aan ander mense.

21. Ek maak die mense ryk wat lief is vir my,ek maak hulle stoorkamers vol.”

Die wysheid was daar van die begin af

22. Die wysheid sê:“Die Here het my gemaak,Hy het my eerste gemaak.Ek is die eerste ding wat Hy gemaak het.

23. Ek is lankal daar, van die begin af,voordat die aarde daar was.

24. Ek was klaar daar toe die diep waternog nie daar was nie,toe daar nog nie fonteine vol water was nie.

25. Ek het gekom voordat die Here die bergeop hulle plekke gesit het,voordat daar heuwels was.

26. Dit was voordat die Here die aarde en die veldgemaak het,voordat daar grond in die wêreld was.

27. Ek was ook daar toe die Here die hemeldakgemaak het,toe Hy besluit het waar die diep water moet ophouen waar die lug moet begin,

28. toe Hy vir die wolke daarbo ’n plek gemaak heten die sterk fonteine van die diep water oopgemaak het.

29. Ek was daar toe Hy gesê het hoe verdie water van die see mag komen toe Hy die fondamente van die aardeneergesit het.

30. Ek het alles by Hom geleer wat ek weet,Hy was elke dag bly dat ek daar is,dit was vir my lekker om altydnaby Hom te wees.

31. Ek het dit geniet tussen die mensewat op sy aarde woon,dit was vir my lekker tussen die mense.

32. Daarom, kinders, julle moet luister na my.Dit gaan goed met mense wat lewe soos ek lewe.

33. Julle moet luister na wat ek vir julle leer,dan sal julle wysheid kry.Julle moenie dit los nie.

34. Dit gaan goed met mense wat luister na my,mense wat wakker bly en elke dag staan en wagby my deure, die deure waardeur julle kan inkomna my toe.

35. Want mense wat wysheid kry, kry die lewe,en die Here hou van hulle.

36. Maar die mense wat nie wysheid wil hê nie,is mense wat hulleself wil laat swaarkry.Almal wat nie van my hou nie,is mense wat lief is vir die dood.”