hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16 Bybel vir Almal (ABA)

Dit is die Here wat besluit wat reg is

1. ’n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen,maar dit is die Here wat sê wat sal gebeur.

2. ’n Mens dink dat alles reg is wat hy doen,maar die Here kyk of dit waarlik reg is.

3. Jy moet vir die Here vra wat jy moet doen,dan sal jou planne slaag.

4. Die Here het ’n plan met alles wat Hy gemaak het,Hy het ook ’n plan met die mense wat verkeerd doen,Hy sal hulle laat swaarkry.

5. Die Here haat mense wat hoogmoedig is,daardie mense sal hulle straf kry, dit is seker.

6. As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe,dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo.As jy die Here respekteer en Hom dien,dan sal dit nie sleg gaan met jou nie.

7. Wanneer die Here tevrede is met ’n mens se lewe,dan laat Hy ook daardie persoon se vyandein vrede met hom lewe.

8. Dit is beter om ’n bietjie te hê wat jy eerlik gekry hetas om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie.

9. ’n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen,maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur.

10. Dit is die Here wat vir die koning sê wat hy moet sê,die koning maak nie foute wanneer hy oordeel nie.

11. Die Here wil hê weegskale moet reg weeg,Hy self besluit hoe swaar die gewigte moet wees.

12. Konings haat dit wanneer mense verkeerd doen,want hulle weet dat hulle lank sal kan regeeras mense reg doen.

13. Konings wil hê dat mense die waarheid moet praat,hulle hou van eerlike getuies.

14. Wanneer die koning kwaad word vir jou,dan is jy naby jou dood.As jy wysheid het,dan sal jy probeer om die koning tevrede te hou.

15. Wanneer die koning vriendelik is,dan sal jy aanhou lewe,wanneer hy van jou hou,dan is dit vir jou soos die wolkewat reën bring in die lente.

16. Dit is beter om wysheid te kry as om goud te kry,dit is beter om verstandig te weesas om silwer te wil hê.

17. Eerlike mense loop op ’n padwaar dit nie sleg gaan met hulle nie.As hulle op daardie pad bly,dan hou hulle aan om te lewe.

18. Wanneer iemand hoogmoedig is,dan sal dit gou sleg gaan met hom,wanneer hy dink dat hy beter isas ander mense, dan sal hy gou val.

19. Dit is beter om nederig te weessaam met die mensewat hulleself nie kan beskerm nie,beter as om ander mense se goed te vaten dan saam met hoogmoedige mense te lewe.

20. Dit sal goed gaan met iemand wat doenwat ’n mens vir hom leer,hy sal gelukkig wees as hy glo dat die Heresal doen wat Hy belowe het.

21. As iemand wysheid het,dan weet mense dat hy verstandig is.Sy woorde is soos heuning,ander mense leer graag van hom.

22. As iemand verstandig is,dan hou hy aan om te lewe,maar dwase kan vir ’n mensnet dom dinge leer.

23. Iemand wat wysheid het, praat verstandig,ander mense kan by hom leer.

24. Woorde wat lekker is om te hoor,is soos ’n heuningkoek,dit is soet en dit hou ’n mens gesond.

25. ’n Mens dink miskien dat hy reg lewe,maar dan bring dit hom later by die dood.

26. Wanneer ’n werker honger is, dan werk hy hard,sy honger jaag hom sodat hy kan eet.

27. ’n Slegte mens dink en praat net slegte dinge,alles wat hy sê, is soos ’n vuur wat brand.

28. Iemand wat ander mense wil bedrieg,laat mense twis,hy hou aan om te skinderen hy maak vriende kwaad vir mekaar.

29. Iemand wat ander mense altyd wil seermaaken doodmaak, bedrieg sy vrienden hy lei die vriend op ’n verkeerde pad.

30. Wanneer iemand sy oë knip vir jou,dan wil hy iemand bedrieg,wanneer hy niks sê nie, dan het hy klaar besluitom ’n verkeerde ding te doen.

31. Grys hare is soos ’n mooi kroon,’n mens lewe lank as jy reg lewe.

32. ’n Geduldige mens beteken meer as iemandwat goed oorlog kan maak,’n mens wat nie gou kwaad word nie, beteken meeras iemand wat ’n stad kan oorwin.

33. Mense kan probeer uitvind wat die regte ding isom te doen,maar dit is die Here wat besluit wat reg is.