hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14 Bybel vir Almal (ABA)

’n Mens wat eerlik lewe, respekteer en dien die Here

1. ’n Vrou wat wysheid het, sorg vir haar huisgesin,maar ’n dwase vrou verwoes haar huisgesin.

2. ’n Mens wat eerlik lewe,respekteer en dien die Here,maar ’n mens wat nie eerlik is nie,wys dat hy dink die Here is nie belangrik nie.

3. Wanneer ’n dwaas praat,dan wys hy hoe hoogmoedig hy is,en hy kry straf.Wanneer wyse mense praat, dan is hulle veilig.

4. As iemand nie beeste het nie,dan sal die koring in die krip nie opraak nie,maar as hy een sterk bees het,dan kan hy baie koring op die koringland hê.

5. ’n Getuie wat altyd die waarheid praat, lieg nie,maar ’n vals getuie hou aan om te lieg.

6. Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie,ook nie wanneer hy dit soek nie.’n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.

7. Jy moet weggaan van ’n dwase mens,jy sal niks by hom leer nie.

8. ’n Slim mens wat wysheid het, weet hoe om te lewe,dwase bedrieg hulleself omdat hulle dwaas is.

9. ’n Mens wat baie dwaas is, spotwanneer hy ’n skuld-offer moet bring,maar eerlike mense wil hê dat Godhulle offers moet aanvaar.

10. ’n Mens self weet hoe ongelukkig hy is, net hy weet dit,en niemand anders kan regtig weet hoe bly hy is nie.

11. Die huisgesinne van mense wat verkeerd doen, sterf gou,maar dit gaan goed met die huisgesinne van eerlike mense.

12. Iemand kan dink dat hy reg lewe,maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.

13. ’n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is,maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur.

14. Iemand wat verkeerd lewe,sal die straf kry wat hy moet kry,maar ’n goeie mens sal meer kry as wat hy moet kry.

15. Mense wat baie min weet, glo enige iets,’n slim mens dink goed voordat hy iets doen.

16. ’n Wyse mens is bang vir die dinge wat kan gebeur,en hy doen niks wat dit sleg sal laat gaan met hom nie.’n Dwaas dink nie wat hy doen nie,hy dink hy sal altyd veilig wees.

17. Iemand wat gou kwaad word, doen dom dinge.Mense haat iemand wat skelm planne maak.

18. Mense wat baie min weet en wat nie wil leer nie,word dwase.Slim mense weet baie, en ander mense sien dit.

19. Slegte mense moet buig voor goeie mense,mense wat verkeerd doen, moet buig by die poortevan die mense wat reg lewe.

Arm mense en ryk mense

20. Niemand hou van ’n arm mens nie,ook nie die persoon naby hom nie,maar ’n ryk mens het baie vriende.

21. ’n Sondaar dink die mense wat naby hom is,is nie belangrik nie,maar die persoon wat goed is vir mensewat hulleself nie kan beskerm nie,is ’n gelukkige mens.

22. Mense wat besluit om slegte dinge te doen,weet nie wat met hulle sal gebeur nie.Mense wat besluit om goeie dinge te doen,doen wat hulle belowe het, hulle verander nie.

23. Wanneer iemand hard werk, dan kry hy baie dinge.Wanneer iemand net praat en niks doen nie, dan bly hy arm.

24. Wyse mense is ryk, en ander mense respekteer hulle,maar dwase mense bly dwaas.

25. Wanneer ’n getuie die waarheid praat,dan red hy mense se lewens,maar wanneer ’n getuie aanhou om leuens te vertel,dan maak hy alles vals.

26. Iemand wat die Here respekteer en dien, is veilig,en die Here beskerm daardie persoon se kinders ook.

27. As jy die Here respekteer en dien, dan sal jy aanhou lewe,jy sal nie in die vangstrikke van die dood kom nie.

28. Mense respekteer ’n koningwanneer hy oor ’n groot volk regeer,maar iemand wat oor min mense regeer,bly nie lank ’n koning nie.

29. Iemand wat nie gou kwaad word nie, is baie verstandig,maar iemand wat gou kwaad word,wys vir almal dat hy ’n dwaas is.

30. Wanneer ’n persoon kalm dink oor dinge,dan bly hy gesond,maar wanneer hy jaloers is, dan maak dit hom siek.

31. Wanneer iemand ’n arm mens verdruk,dan beledig hy die Here wat die arm mens gemaak het.As iemand goed is vir ’n arm mens,dan respekteer en dien hy die Here.

32. ’n Mens wat verkeerd doen,sterf omdat hy slegte dinge doen,die mens wat reg lewe,weet dat die Here hom beskerm,ook wanneer hy sterf.

33. Wysheid pas by ’n verstandige mens,maar ’n dwaas weet niks van wysheid nie.

34. Almal respekteer ’n volkwanneer sy mense reg doen,maar wanneer sy mense sonde doen,dan moet ’n volk skaam wees.

35. ’n Koning hou van ’n verstandige amptenaar,maar die koning word kwaadwanneer die amptenaar nie sy werk doen nie.