hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel.

Spreuke leer vir jou wysheid

2. Spreuke leer vir jou wysheid. Dit leer vir jou om te weet wanneer mense verstandige dinge sê,

3. en dit leer vir jou om te luister wanneer iemand vir jou die regte dinge leer oor wat goed en reg en regverdig is.

4. Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen.

5. Wyse mense moet ook luister na die spreuke, sodat hulle nog meer sal weet. Verstandige mense moet leer,

6. sodat hulle die spreuke en die slim dinge wat wyse mense sê, sal verstaan.

7. Jy moet gehoorsaam wees aan die Here en jy moet Hom respekteer. As jy dit doen, dan is jy regtig slim. Dit is dwase wat dink dit is nie belangrik om wysheid te hê en om te leer nie.

8. My kind, jy moet luister na wat jou pa en jou ma vir jou wil leer, jy moenie vergeet wat hulle vir jou leer nie.

9. As jy dit nie vergeet nie, dan sal jy ’n mooi lewe hê.

Wanneer sondaars jou verkeerd wil laat doen

10. My kind, wanneer sondaars jou verkeerd wil laat doen, dan moet jy nie luister na hulle nie.

11. Hulle sal miskien vir jou sê: “Kom saam met ons, dan wag ons totdat iemand verbykom, en dan maak ons hom dood, dit maak nie saak of hy niks verkeerd gedoen het aan ons nie.

12. Hy is nog lewendig en gesond wanneer ons hom vang, maar ons sal hom laat sterf en laat afgaan na die doderyk, na die graf.

13. Dan sal ons baie kosbare goed kry en ons sal ons huise volmaak met die goed wat ons vat.

14. Jy sal een van ons wees en ons sal almal kry van die goed wat ons vat.”

15. My seun, jy moenie dan saam met daardie mense gaan nie,

16. want hulle wil verkeerde dinge gaan doen, hulle wil mense vermoor.

17. Wanneer ’n voël ’n vangnet sien wat mense vir hom styfgetrek het, dan vlieg die voël nie vas in die net nie.

18. Maar hierdie mense trek ’n net styf vir hulleself, hulle sal in hulle eie net sterf.

19. Elke mens wat ander mense se goed wil vat, sal sterf. Dit is wat met hom sal gebeur.

Die wysheid is soos ’n vrou wat roep

20. Die wysheid is soos ’n vrouwat langs die straat staan en roep.Sy skree op die oop stukke grondin die stad,

21. sy skree by die plekkewaar die mense bymekaarkom,sy staan voor die poorte van die staden sy sê:

22. “Julle wat baie min weet,hoe lank sal julle tevrede weesom min te weet?Hoe lank sal dit lekker weesvir mense om aan te hou spot,hoe lank sal dwase dit haatom dinge te weet?

23. Julle moet weer kom luisterna wat ek vir julle wil leer.Ek sal vir julle alles sê wat ek weet,ek sal julle help om te verstaan wat ek sê.

24. Toe ek geskree het, wou julle nie luister nie,toe ek my hand uitgesteek het om julle te roep,het niemand gekyk nie.

25. Julle het gemaak of julle nie hoorwat ek alles gesê het nie,julle wou nie dat ek vir julle leer nie.

26. Daarom sal ek ook lag en spotwanneer dit sleg begin gaan met julle,wanneer julle skrik.

27. Julle sal skrik soos wanneer daar’n stormwind kom,soos wanneer ’n sterk wind alles verwoesen julle baie bang word.

28. Dan sal julle skree en vra dat ek moet help,maar ek sal nie antwoord nie,julle sal my soek, maar julle sal my nie kry nie.

29. Dit sal gebeur omdat julle dit haatom dinge te weet,en omdat julle nie gehoorsaam wou weesaan die Here en Hom nie wou eer nie.

30. Julle wou nie luister na wat ekvir julle sê nie,ek wou vir julle leer, maar julle het gedinkdit is onbelangrik.

31. Nou sal julle swaarkryoor wat julle gedoen het,julle sal baie probleme kryoor julle eie planne.

32. Ja, mense wat min weet,sterf omdat hulle nie wil luister nie,dwase gaan dood omdat hulle tevrede ismet hulleself.

33. Maar die mense wat na my luister,woon veilig,hulle is nie bekommerd nie,hulle is nie bang dat dit sleg sal gaan nie.”